Mountain Canadian Log Home
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 18 Jun 2025 tot 1 Jun 2026.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 185 Sand Road, Kalkheuwel, 1748, Noordwes
-
Vanaf
R4 000R3 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Mountain Canadian Log Home is 'n pragtige houthuis langs die Stone Cottage op 'n plaas wat 5.2 hektaar groot is. Dit is in die berge versteek, teen die kant van 'n koppie en net 5 km van Kalkheuwel af. Die huis spog met 'n uitsig oor die Leeu- en Safaripark en is ook naby Hartbeespoort geleë.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n uitsig oor die moerbeiboom waar volop voëlspesies te sien is. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met stroomdienste sodat gaste met hul eie rekeningbesonderhede kan inteken. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n knus leeshoekie op die boonste verdieping.
Buite is daar 'n groot onderdakstoep met meubels, 'n etenstafel, ingeboude braaigeriewe en 'n houtdek met 'n warmbad en 'n vlak plonspoel. Die tuintrappies lei na 'n buitebraai-area en 'n pizza-oond onder die bome. Daar is ook 4 swaaie, 'n handswaai en 'n sandhoop net buite die omheinde area sodat kinders hulself heerlik kan besig hou. Let asb. dat daar 2 katte en 2 honde op die perseel woon en gaste wat allergies is, word afgeraai om hiér te bespreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Graham Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 43
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Plot 185 Sand Road, Kalkheuwel, 1748, Noordwes
- Gaste dink Mountain Canadian Log Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 185 Sand Road, Kalkheuwel, 1748, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang