Successfully reported

Njala Lodge

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Johnny W
Kort verblyf
5.0
Sep 2025

Awesome gewees. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charl D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2025

Baie lekker huis vir groot groep mense. Plekkie was regtig baie oulik en het lekker gebly, daar is alles wat mens nodig het. Die enigste ding wat ek sal aanbeveel, is aircons in al die kamers. Die krag wat so baie afgegaan het, was ook onplesierig; miskien 'n generator of solar oorweeg.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andreas L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Huis goed uitgelei vir groot groep. Baie wild het kom kuier. Ons het ons verblyf geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacolien D
Kort verblyf
4.4
Aug 2025

So lekker. Interaksie met die diere maak dit ongelooflik lekker. Heerlik, sal enige tyd teruggaan.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Anonieme gas
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Apr 2025

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Tanya V
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Asemrowende stukkie bosveld. Fantasties! Die een woord som Njala Lodge op! Nuwe skoonmaakdienste is ingekry en jy kan die plek deur 'n ring trek! Dit is 'n groot huis met baie om te doen, van pool speel, tafeltennis tot 'n swembad. Daar is ook DSTV. Die kombuis is baie goed uitgerus en daar is 2 yskaste met vriesgedeeltes en ook 'n groot boksvrieskas. Die hoofhuis het 3 slaapkamers en die 2 vleuels laat genoeg privaatheid toe, terwyl mens steeds deel is van die hoofhuis. Die lapa met braai en boma was elke dag 'n treffer, waar ons tot laat kon om die vuur sit en kudus, njalas, vlakvarke en zebras het ons hier besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ena P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Jul 2024

Diere het ons baie bederf met hul kuiers. Wat 'n lieflike plek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anel D
Kort verblyf
3.2
Jan 2024

Lekker gekuier, maar teleurgesteld in reaksie op probleme. Vele probleme met slotte. Geen snippermandjie op boonste vloer. Geen handdoekreling of hakies in boonste badkamer. Geen spieël in boonste badkamer en slegs klein handspieël in boonste slaapkamer. Ook glad nie toeganklik vir oumense nie, baie trappe. Kombuis is goed toegerus en lapa en swembad lekker kuierarea!

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Jacques D
Kort verblyf
4.2
Des 2023

Voorsiening vir beurtkrag, matrasse nie mooi skoon, huis nie mooi skoon. Ja, dankie. Gerieflik vir 'n groot groep.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Johan
Njala Lodge
Ons het 'n derde party wat ons huis skoonmaak en het al voorheen klagtes gekry oor hulle. Ons het hulle kontrak beëindig en vanaf die jaar nuwe skoonmakers aangestel. Dankie dat jy dit aan ons noem, wat alles verkeerd was vir julle. Ons sal aandag gee aan die kwessies!

Mari H
Kort verblyf
4.4
Apr 2022

Njala Lodge is ideaal vir groot groep mense, maar het hele paar foute! Njala Lodge is ideaal vir groot groep en elkeen het hul eie privaatheid, maar word nie onderhou nie! Een van die kamers se stortdreine was geblok en agv dit was badkamer en kamers onder water - ons het geskakel en 'n baie vriendelike dame het dit die volgende dag dadelik uitgesorteer. Ons het nie warm water gehad om te stort nadat een persoon gestort het of om skottelgoed te was nie en het vir 3 uit 4 dae koue storte gehad. Iets het die krag getrip en ons het nie geweet dat die krag getrip het nie aangesien dit buite by die paal getrip het, ons was die eerste dag heeldag sonder krag want ons het gedink die hele buurt is af net om die aand te sien dat die buurman wel krag het en hy ons kom wys het waar om dit aan te sit daarna het die krag tenmisnte 3 tot 4 keer per dag getrip. Ons het geen idee wat dit kon wees nie want ons het nie iets aangehad teen die tye wat dit trip nie. Yskaste het ook nie koud gemaak nie. Ek sal ook aanbeveel dat sifdraad voor venster gesit word ons kon nie vensters oop maak deur die dag of aand nie want daar is niks voor vensters wat keer vir muskiete of ape of enige ongewenste gaste nie. Omdat niks kan oop nie het plek bedompig geruik en gevoel. Braaier was vuil gewees en die swembad het definitief chloor gekort. As die klein goedjies uitgesorteer word, veral die krag en warm water, kan Njala Lodge 'n heerlike plek wees vir groot famlies of vriende,.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf R3 650
R 3 650 R 2 920
per nag (plek vir 14)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R3 650
R 3 650 R 2 920
per nag (plek vir 14)
Vanaf R3 650
R 3 650 R 2 920
per nag (plek vir 14)
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2368 Woodpecker, Marloth Park, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA05ee9c9da3bb113b30f1ce05684189dff912efb9236e76961b2273e4611fda14ab804bd6d56177025f856a02bae60324f2c6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 650 nouVanaf R2 920 per nag (plek vir 14) 46 5 1 5 2368 Woodpecker Marloth Park 1320 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.34355 31.78206

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang