Successfully reported
+50

Nkonkoni Fishing Camp

  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pongola Game Reserve, Jozini Dam, Mkuze, 3969, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nikonkoni Fishing Camp is in die Pongola Wildreservaat in die pragtige Pongolapoort geleë. Die kampe is in die voëlpark naby die suidelike oewers van die Pongolapoort Jozini-dam geleë, en kyk uit oor die westelike platorand van die majestueuse Lebomboberge en die uitgestrekte grasvlaktes in die noorde van Zululand.

Verblyf word aangebied in selfsorg-chalets en safaritente. Elke chalet bied slaapplek vir 4 gaste en het lugversorging, 'n yskas-vrieskas, mini-oond en stoof, eetgerei en breekware, linne en badhanddoeke. Elke chalet het 'n privaat buitestort, 'n badkamer met 'n Victoriaanse bad of spa-bad, 'n aparte toilet, en 'n privaat boma met braaigeriewe. Ander geriewe sluit in die gebruik van 'n sentrale boma met DStv, 'n vuurput en addisionele kookgeriewe, asook 'n gemeenskaplike plonspoel.

Elke safaritent bied slaapplek vir 7 gaste en is ingerig met waaiers, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, linne en badhanddoeke. Elke tent het sy eie badkamer met 'n buitestort en toilet, 'n privaat boma met 'n tweelplaatgasstoof en braaigeriewe. Daar is ook 'n sentrale boma met DStv, 'n uitkykdek, vuurput en addisionele kookgeriewe, asook 'n gemeenskaplike plonspoel.

Die Ponglapoort Jozini-dam is die tuiste van seekoeie en krokodille. Olifante, buffels, en verskeie wildspesies kom ook in die omgewing voor. Die dam strek oor ongeveer 16 000 hektaar, met 'n rivier van ongeveer 5 km lank. Die Pongolapoortdam is die enigste dam in Suid-Afrika waar tiervis voorkom, en Nkonkoni ondersteun die vang-en-vrylaat-metode. Visvang vind plaas vanaf bote, sowel as die oewer. Daar is plek om bote in die water vry te laat.

Tiervis kan regdeur die jaar gevang word, hoewel warmer maande beter is vir visvang. Die jaarliks Tiger Fish Bonanza word in September op die Pongolapoortdam gehou en lok hengelaars van regoor die land.

Die omgewing is ook enige voëlkyker se droom met meer as 400 voëlspesies wat hier voorkom, insluitend skaarser spesies soos die janfrederik, pinkbek-pelikaan en visvalk.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marthinus J C R
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige natuurskoon, skoon en vriendelike diens. Baie vriendelike ontvangs en diens. Sal beslis weer gaan en enige iemand aanbeveel. Dankie.
Okt 2025
Santie F
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome place. Amazing place for tiger fishing. Such an experience. Tent house nice and clean. Will definitely arrange another trip aga...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Ramona K
Saam met lewensmaat
5.0
Tentekamp ongelooflik nice. Mooi skoon en gemaklik. Awesome buite stort. Fantastiese plekkie vir natuurliefhebbers. Gemaklik, skoon, vriendelike ontva...
Sien meer
Jun 2025
James G
Saam met vriende
5.0
Gerieflik en goed geprys. 'n Wonderlike stop na 'n wegbreek in Ponta de Ouru. Lee het vir ons gereël vir vuurmaakhout op aankoms. Die tent en kombuis ...
Sien meer
Mei 2025
Terrence H
5.0
Perfect. Suited my wish. I thoroughly enjoyed it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lee Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Pongola Game Reserve, Jozini Dam, Mkuze, 3969, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Nkonkoni Fishing Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pongola Game Reserve, Jozini Dam, Mkuze, 3969, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8d6fc6c82edaa5bac4b80544da670872de62b1cacfc01eb938c02ead2aa5b8bcecff58fb701ec71fd4f2b017d05e08afb4f2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 62 5 1 5 Pongola Game Reserve Jozini Dam 3969 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.539003407276 31.98094367981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang