O Kapetanios
-
Kapasiteit: 10 persone
8 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Areos Street, Paradise Beach, Langebaan, 7345, Wes-Kaap
- Vanaf R3 800 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
O Kapetanios is 'n Griekse styl-selfsorghuis wat ideaal geleë is in Langebaan. Dié eenheid is binne maklike bereik van die strand af en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n afgesonderde Weskus-vakansie.
Die eenheid het 4 slaapkamers en 3 badkamers en bied slaapplek aan 8 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping is ingerig met 'n dubbelbed en 'n slaapbank wat geskik is vir 'n kind. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die en suite-badkamer.
Die tweede slaapkamer is op die grondvloer en het 'n dubbelbed asook 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die vierde slaapkamer. Hierdie kamers deel 'n badkamer.
Daar is ook 'n gastetoilet op die boonste verdieping naby die leefarea. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware, asook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.
Die eetarea het 'n etenstafel met 8 stoele. Die sitarea is ingerig met 'n gemaklike sitkamerstel, 'n slim-TV en gratis WiFi. Daar is 'n UPS wat verseker dat die Wi-Fi werk selfs tydens beurtkrag. Die skuifdeure maak oop op 'n patio met buitemeubels en 'n ingeboude braai. Die patio is toeganklik vanaf die kombuis en die sitkamer.
Hierdie huis is die ideale gesinshuis in 'n rustige kompleks en sal beslis 'n heerlike, ontspannende vakansie-ervaring bied. Die verblyf het ook 'n omskakelaar wat inskop tydens beurtkrag.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 1
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Zueney Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 29
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 8 Areos Street, Paradise Beach, Langebaan, 7345, Wes-Kaap
- Gaste dink O Kapetanios het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 10 persone
8 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Areos Street, Paradise Beach, Langebaan, 7345, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang