Successfully reported
+9

Ocean Edge Apartment

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Whale Rock Estate, Whale Close, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Ocean Edge Apartment is in die Whale Rock Landgoed met 24 uur-sekuriteit, slegs 3 km van Hermanus se middedorp af geleë. Die moderne dekor en geriewe maak dit die ideale wegbreekplek.

Die eenheid het 'n moderne oopplan-kombuis wat volledig toegerus is, 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer is ingerig met 1 koningingrootte-bed wat oorgetrek is met vars linne. Die kombuis spog met toestelle van vlekvryestaal en 'n ontbythoekie met kroegstoeltjies. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser vir ekstra gerief. Die leefarea het oorgenoeg sitplek en 'n 40" LED-TV wat op die muur gemonteer is met volledige DStv, 'n DVD-speler en onbeperkte WiFi-toegang. Skuifdeure lei na die patio met 'n bekoorlike eetarea wat lieflike see-uitsigte bied.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek. Gaste geniet gratis toegang tot die muurbalbaan, swembad en ontspanningsarea.

'n Aangewese parkeerplek is ook beskikbaar vir ekstra gerief en gemoedsrus. 'n Paadjie vergemaklik die 50 m lange stappie na die strand toe. Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Gaste geniet toegang tot verskeie opwindende doendinge, insluitend walviskyk, haaihokduik, see-kajak, valskermsweef, vierwielmotorfietsritte, witwatervlotvaart, die kranswandelpaaie, voetslaanpaaie, verfbal, boomtopglybane, wynlandgoedere, natuurreservate, gholfbane, kunsvlyt- en boeremarkte, Birkenhead Brewery en Klein River Cheese Farm en die pikkewynkolonie (40 minute hiervandaan).

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet met bidet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 79 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Alida Z
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gebly. Dit was net wat ons wou hê, groterige ruimte met 'n see uitsig.
Sep 2025
Jamielee D
Saam met vriende
5.0
Very nice stay absolutely gorgeous view. Amazing! We loved it so much.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Janice W
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay with an awesome view. We had a lovely, relaxing time. Loved the view. Well equipped and clean apartment. Thanks to Lucia for...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Lisbie K
Saam met lewensmaat
5.0
Great place to stay. Great place to stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Markwon D
Gesin met tieners
5.0
Fantasies, gerieflik en vol pret. Fantastiese naweek by Ocean Edge met lewensmaat, dogter en moeder. 'n Naweek van bond, liefde en vreugde. Ocean Edge...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Antony Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 79

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 75 Whale Rock Estate, Whale Close, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ocean Edge Apartment het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Whale Rock Estate, Whale Close, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9f3a99383b6102d1fb53a3e94c4ed44ac245620ff6222450560c40f496d4b8e439846d39e8ba3421481a4691b02404fc1cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4) 79 5 1 5 75 Whale Rock Estate, Whale Close Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.435901603402 19.220341965607
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang