Successfully reported
+33

Olive Grove Cottages

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 89 Church Street, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Olive Grove Cottages bied bekoorlike gaste-eenhede in die oulike Karoodorpie, Prins Albert.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede met slaapplek vir 2 tot 4 gaste en die eenhede kan ook saam bespreek word vir 6 gaste.

The Grove Kothuis is ruim en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n leefarea en 'n kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg. Die kothuis het lugversorging en 'n houtstofie vir koue wintersdae. Die kothuis het 'n privaat braai-area en 'n boma.

Die oopplan-eenheid, Olive Pip, het 'n privaat ingang, lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n privaat badkamer. Daar is 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n houtstofie in die eenheid.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad sonder 'n heining en daar is veilige parkeerplek vir gaste se voertuie. Goedgemanierde troeteldiere word op versoek toegelaat.

Olive Grove Cottages is stapafstand vanaf plaaslike eetplekke, galerye en winkels en die dorp bied verskeie doendinge soos wynproe, olyf- en kaasproe, sterrekyk en geskiedkundige besienswaardighede om te besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Danie B
Saam met lewensmaat
5.0
Als was 100%. Baie lekker en sal weer gaan!
Sep 2025
Willem V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, pragtig, veilig, verlief op die plek! Hierdie plekkie is 'n juweel en die gasvrou was baie gaaf en vriendelik. Dit is lekker sentraal geleë. ...
Sien meer
Sep 2025
Carelia S
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige plek wat met liefde ingerig is! Ons sal vir seker weer hier wil bly. Die stoep is die lekkerste plek om kos te maak. Gas heater buite. Pannel...
Sien meer
Jul 2025
Solly S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Baie goed toegeruste eenheid, skoon en gerieflik.
Jun 2025
Frik V
Saam met lewensmaat
5.0
Soos bo. Baie, baie lekker by Dee.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Deborah Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 89 Church Street, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olive Grove Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 89 Church Street, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAba12dd8b8a7f3d90bbcaa68ab1948d017d70afc6b5a0a513da5c9311e3de8084971f464fe34da8edecb7ce4c9dc83b258601?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 83 5 1 5 89 Church Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.221673975285 22.029072118386

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang