On the Cliff Guest House
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 42 Westcliff Road, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R4 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
On The Cliff Guest House is 'n luukse 4-ster gastehuis met akkommodasie langs die see in Hermanus. Al die kamers spog met panoramiese see-uitsigte en privaat balkonne of stoepe wat ideaal is vir walviskyk. Daar is 'n lieflike wandelpaadjie net voor die gastehuis.
Elke gastekamer het 'n koninggrootte-bed, en suite-badkamer, privaat balkon of stoep en luukse afwerkings. Tariewe sluit B&B in. Lê in jou bed en geniet die uitsig oor die see en walvisse wat in die verte baljaar. Die see sal jou elke aand aan die slaap sus.
Die gastehuis se gastesitkamer het 'n kaggel en daar is ook 'n soutwater swembad, kroeg met 'n knus kaggel en 'n TV, WiFi en veilige parkeerplek. Daar is ook fietse beskikbaar vir gaste se gebruik by die gastehuis. Vervoer na en van die restaurante kan gereël word, maar die gastehuis is gerieflik net 1 km van die middedorp af geleë met verskeie restaurante. Skoonheidsbehandelings kan ook gereël word en sluit gesigsbehandelings, pedikure, masserings, aromaterapie en 'n sauna in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Charmaine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 42 Westcliff Road, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink On the Cliff Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 42 Westcliff Road, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang