Successfully reported
+16

Ons Nessie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Reynolds Street, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ons Nessie is 'n knus tuinwoonstel vir 2 mense in Bellville.

Die woonstel kyk uit oor die swembad en het 'n privaat ingang, 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n kombuis. Die slaapkamer is ingerig met 2 driekwartbeddens en die en suite-badkamer het 'n stort en 'n toilet. Gerieflikheidshalwe word beddegoed en bad- en swemhanddoeke voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, induksiestoofplaat, ketel, braaigeriewe en eetgerei vir 2 mense, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die woonstel het nie 'n TV nie, maar WiFi en 'n radio is beskikbaar.

Braaigeriewe is beskikbaar vir gebruik en gaste kan in die tuin ontspan of in die swembad afkoel. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien. Ons Nessie is 'n nie-rook instansie, en let asseblief daarop dat die eienaars op die perseel woon. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Ons Nessie is 15 km vanaf die lughawe, 20 km vanaf die V&A Waterfront, naby die Durbanville-wynroete en 25 km vanaf Stellenbosch.

Bellville bied verskeie winkelsentrums en restaurante, en bied 'n verskeidenheid doendinge soos gholfspeel, stap, voetslaan bergfietsroetes.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Vervoerdienste
Verwarmer
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Welanda S
Saam met lewensmaat
5.0
Ek en my eggenoot het baie lekker gebly by Ons Nessie. Dit was ons huweliksherdenking en Mariana het dit vir ons ekstra spesiaal gemaak. Ons was lette...
Sien meer
Jun 2025
Thea L
Besigheidsreis
5.0
Gasvry, welkom, veilig. Dit was een van my beste plekke wat ek al geboek het. So gasvry en behulpsaam.
Apr 2025
Sarel S
Saam met lewensmaat
5.0
N juweel in alle opsigte. Van die gasheer en -vrou tot in die kleinste en fynste. Vreeslik lekker, net te kort.
Mrt 2025
Rienie B
Saam met lewensmaat
5.0
Genotvol. Dit was voorwaar 'n nessie - skoon, goed ingerig, wonderlike gasheer en gasvrou met baie klein ekstratjies wat die verblyf genotvol gemaak h...
Sien meer
Jan 2025
Hazel F
Saam met lewensmaat
5.0
Just awesome, that's all I can say. It was awesome; we enjoyed ourselves. Cooling off in the pool was a bonus. The place had everything...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mariana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 10 Reynolds Street, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ons Nessie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Reynolds Street, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA54549aee412302b50bf1971c994bc841820d019de2d12e77e882ff73234ea4eb0553b3718025c5b1194a4259710995bc642c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 10 Reynolds Street Thalmen 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.898315226163 18.648378305162

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang