Successfully reported
+29

Oppi See

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2025 tot 27 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Carina Road, Southern Cross, Great Brak River, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Oppi See is 'n lieflike tweeslaapkamer-eenheid in Groot-Brakrivier wat gerieflik gemeubileer is vir 'n gesin van 4. Hier word jy saans aan die slaap gesus deur die see, en vroegoggend baljaar die dolfyne tussen die branders. Jy kan hulle maklik dophou van die balkon af. Augustus tot September kan daar ook Walvisse gesien word reg voor die huis.

Grootbrak se riviermond is 'n gewilde visvang- en swemplek, veral vir die jongklomp. Die eenheid is op die boonste verdieping geleë. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en mikrogolfoond. Gaste kan maaltye aan die etenstafel geniet, of buite op die balkon. Die lapa en braai is gesellig en hier kan na hartelus gekuier word. Die leefarea het 'n TV met die DStv EasyView-pakket. Gaste is welkom om hulle eie dekodeerder saam te bring. Die sitarea lei na 'n groot balkon met ongelooflike see-uitsig. Daar is trappe en 'n balkon, so klein kinders se veiligheid moet in ag geneem word.

Oppi See is net 150 m van die see af. Die swemstrand het in seisoentye lewensredders aan diens. Die Spar met Tops drankwinkel en die gewilde kuierplek De Dekke. Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing soos visvang (vanaf die strand of diepseehengel vanaf Mosselbaai), staproetes in die berge, seilplankry in Wildernis, Die Kangogrotte in Oudtshoorn, Aarbeiplaas net voor George en meer.

Grootbrakrivier is sentraal geleë tussen Mosselbaai se hawe, Hartenbos met die ATKV en sy aktiwiteite, en George. Kom skop jou skoene uit en wandel op die pragtige, stil strand.

Ongelukkig laat ons geen troeteldiere toe nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Elrina N
Gesin met tieners
5.0
Gerieflike verblyf vir 'n gesin met tieners. Ons het vreeslik lekker gebly. Alles wat mens nodig het, was daar. Elsabe was 'n uitstekende gasvrou. Ons...
Sien meer
Jul 2025
Liesl W
Saam met lewensmaat
5.0
Elsabe is 'n ongelooflike gasvrou wat uit haar pad gaan om te help. Een van die beste selfsorg eenhede ooit met 'n wonderlike gasvrou.
Apr 2025
Jaco C
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly, baie dankie! Baie goeie ligging en pragtige uitsig.
Mrt 2025
Sonnet V
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning uitsig! Stunning plek, pragtige seeuitsig vanuit kamers en die balkon. Naby om see toe te stap. Gasvrou so vriendelik en blyplek alles wat jy...
Sien meer
Mrt 2025
Cor V
Saam met lewensmaat
5.0
Great gewees. Baie lekker gebly, baie mooi en netjies.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Elsabe Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 21 Carina Road, Southern Cross, Great Brak River, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oppi See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Carina Road, Southern Cross, Great Brak River, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABGJcqBGgVFtHC7djIhtopvu6fVQ2niknxZzxpKAOEz31tUT9Yr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag (plek vir 4) 66 5 1 5 21 Carina Road Southern Cross 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-14:00 10:00 -34.057694780086 22.227177775463

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang