Successfully reported
+14

Pretplaas Akkommodasie

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 80 Victoria Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R690 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pretplaas Akkommodasie is in die ryk historiese dorpie Oudtshoorn in die hartjie van die Klein Karoo geleë. Dit is stapafstand van curio-winkels, restaurante en die sakekern af.

Pretplaas Akkommodasie bied 2 basiese eenhede wat elk 2 mense kan akkommodeer. Eenheid A het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Eenheid B het 'n koningingrootte-bed met 'n stort, wasbak en toilet.

Die eenhede beskik ook oor 'n yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale. Van die eenheid af lei 'n patio met buitemeubels.

Gaste kan van die gemeenskaplike braaigeriewe en die swembad gebruik maak. Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien.

Neem asseblief kennis dat die eenhede nie volledig toegerus is vir selfsorg nie, maar gaste is welkom om die hoofhuis se kombuis te gebruik vir kook en skottelgoed was.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 246 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Henk E
5.0
Lekker gekuier. Baie lekker gebly hier. Sonica was baie behulpsaam en gasvry. Sal enige tyd weer daar bly. Baie dankie.
Okt 2025
Judith V
Saam met lewensmaat
5.0
3de keer in Oudtshoorn weereens 'n lekker ervaring. Dit is 'n veilige en stil plek wat aan ons behoeftes voldoen het. Lekker beddens om op te slaap. Y...
Sien meer
Sep 2025
Susan G
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker wegbreek vakansie. Ons het baie lekker gebly, dis veilig en rustig en ons was vriendelik ontvang. Dis alles wat jy nodig het vir 'n lekker wegb...
Sien meer
Sep 2025
Retha L
Saam met lewensmaat
5.0
Ideale oornag stop plekkie. Baie oulike oornag plekkie. Vriendelik ontvang. Sal vir seker weer daar oornag.
Sep 2025
Corina G
Besigheidsreis
5.0
Second time around. Lovely stay. Friendly. Comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sonica Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 246

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 80 Victoria Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pretplaas Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 690
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 690
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 690
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 80 Victoria Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIxMzNkOTczLTdhYjAtNGQ4ZC1hYzBlLTk3MTUzZDFlOGU2Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag, vir 2 mense 246 5 1 5 80 Victoria Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.579526199232 22.203521077385
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang