Jammer om te hoor dat jy ongelukkig was by Pringle Sunsets.
Ons doen ons bes om die plek skoon en netjies te hou aangesien ons 2 mense is wat alles skoongemaak en ge-sanitise het. Ons het dubbel seker gemaak dat die plek skoon en netjies is vir julle - daar word wel items soos buitekussings, 'n struikyster, ekstra ligte (in die geval van loadshedding) en speserye gestoor vir gaste se gebruik.
Die agtertuin is 'n plus wat ek ekstra aangebied het vir julle vir die naweek aangesien dit nie op die web geadverteer word nie. Die agterplaas is deel van die vleiland en ons het nie beheer oor die natuur nie, soos julle duidelik die verskil in voor- en agterplaas kon sien, en soos ek verduidelik het toe ek julle deur die huis gevat het. Die gras word een keer elke 3 weke gesny en was definitief nie kniehoogte soos op die resensie aangedui nie.
Die skottelgoedwasser is 100% werkende en ek gebruik dit op 'n daaglikse basis vir glas en eetgerei. Ek kon sien dat dit gebruik was deur die loop van die naweek, omdat al die tablette wat ek gelos het, gebruik was en die masjien het gehardloop toe ek daar aankom nadat julle vertrek het. Daar is instruksies op die masjien geplak.
Pringle Sunsets is 'n selfsorg eenheid en dus moet julle die verbruikersgoedere aanskaf. Ek los wel 3 toiletrolle, body wash, shampoo, bubble bath, skottelgoedopwasmiddel en tablette vir die skottelgoedwasser.
Ek het deur die loop van die naweek handdoeke gebring toe julle gevra het daarvoor om dit vir julle te vergemaklik. Ek los gewoonlik 2 handdoeke per kamer soos aangedui op die blad.
Ons het waterskade gekry in die hoofslaapkamer en dus is daar 1 liggie dood op die kandelaar, maar dit beïnvloed nie die beligting nie en ons het 'n ekstra bedlampie in die kamer gesit vir julle gerief.
Ek verstaan dat die waterdruk geaffekteer kan word indien die stort ook gebruik word, soos dit sal doen in enige ander huis, maar daar is beslis water.
Die wasbak in die hoofslaapkamer is ook in 100% werkende toestand, daar is geen krake wat die gebruik van die wasbak of die veiligheid van gaste sal affekteer nie.
Die bad in die hoofslaapkamer is massief en vat baie water om vol te tap, en dus vat dit 'n bietjie langer as 'n normale bad om leeg te tap.
Ek is ook nie seker waar na die geroeste handvatsel of los krane verwys word nie.
My plekkie word geadverteer as 'n “rustic woning” en 'n selfsorg eenheid en nie 'n 5 ster hotel nie.