Successfully reported
+16

Pumpkin Tree Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Vos Street, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pumpkin Tree Guesthouse is in die rustige Groenkolbuurt van Middelburg geleë. Die area is rustig en straal kalmte uit, so gaste kan 'n lieflike rustydjie met uitstekende diens en gasvryheid verwag.

Verblyf word gebied in 8 uniek versierde kamers, almal met aparte ingange en en suite-badkamers. Die kamers het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens wat oorgetrek is met vars, wit linne. Handdoeke word ook voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in. Alhoewel ons nie rook in die kamers toelaat nie, is daar 'n aangewese rookarea.

Die lieflike, ruim eetkamer, met 'n uitsig oor die lowerryke tuin en swembad, bied heerlike ontbyt vir diegene wat vroeg uit die vere is én vir laatslapers. Daar is ook 'n watertand-snoepkroeg op die perseel en geurige koffie word in die eetkamer bedien. Maaltye en eetpakkies kan op versoek voorsien word.

Pumpkin Tree Guesthouse is slegs 'n uur se ry van Johannesburg en Pretoria, 407 km van die Krugerwildtuin en 416 km van die Mosambiekgrens af. Dis dus die ideale oornagplek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ina D
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plekkie. Tuin 'n lushof. Baie lekker, pragtige tuin.
Aug 2025
Ilze N
Gesin met tieners
5.0
Gasvry en vriendelik. Kamers skoon en netjies. Alles en nog meer. Ons gasvrou het ons vriendelik ontvang en die gastehuis is pragtig, netjies en skoon...
Sien meer
Jul 2025
Aliza P
Gesin met tieners
5.0
Gemaklik, skoon, vriendelik, sentraal. Heerlik gebly. Die tuin is 'n lushof, die swembad is heerlik, die kamer was ruim, netjies en skoon. Anita was b...
Sien meer
Apr 2025
Brenda M
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, peaceful and soothing. We enjoyed our stay and the host welcomed us so nicely and she made us feel at home at her nice guest...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Ursula M
Gesin met tieners
5.0
Netjies. Skoon. Gemaklik. Heerlike ontbyt! Heerlik gebly. Uitstekend.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 7 Vos Street, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Pumpkin Tree Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Vos Street, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc673be455b0efb8c6f17d1f63f11ead8b7e5d5a5da40a0b7eb0c5daddcc6bad08e007c57b37d6c636e8f7dd86f108a58fabb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 7 Vos Street Groenkol 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.780309115348 29.458796780404

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang