Successfully reported
+16

Remini

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 54 Leadwood Street, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Remini is 'n tuinwoonstel wat in 'n doodloopstraat in die woonbuurt Wavecrest, Jeffreysbaai, geleë is. Die eiendom grens aan die Noorsekloof Natuurreservaat met sy ryk voëllewe. Die boonste balkon bied 'n pragtige uitsig oor die see, die Noorsekloof Natuurreservaat en dele van Jeffreysbaai. Remini is ideaal vir gaste wat lief is vir die natuur en op soek is na 'n rustige, stil en veilige omgewing.

Die eenheid is ideaal vir 2 gaste, of dit nou 'n getroude paartjie of 2 enkel individue is. Vir enkel individue word 'n ekstra bed in die sitkamer voorsien.

Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n sitkamer en 'n kombuis. Die sitkamer het 'n rusbank, sitkamerstoel, dagbed en 'n TV met Netflix, ens. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n aparte toilet. Die kombuisie het 'n tafel, stoele, yskas, 'n broodrooster, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en oond, gasstoof, ketel, breekware en eetgerei. 'n Strykster, strykplank en 'n haardroër word voorsien. Daar is ook 'n stoep met braaigeriewe asook 'n boonste balkon met 'n pragtige uitsig.

Remini is sowat 800 m vanaf die strand, winkels en 'n gesinsrestaurant. Veilige parkeerplek en WiFi is beskikbaar.

Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet eie strandhanddoeke saambring.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Bianca I
Saam met lewensmaat
5.0
Remini was our home away from home, we had an amazing time at Remini. Our stay at Remini was amazing. Remini is beautiful inside and ou...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Pieter V
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies en gerieflik. Nic en Retha is vriendelik, hulpvaardig en kommunikeer baie goed. Die verblyf was baie lekker, netjies, skoon en geriefli...
Sien meer
Sep 2025
Robert G
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely go back. Great hospitality and very good amenities.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Jan V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly en eienaars baie vriendelik en hulpvaardig. Baie, baie lekker gebly.
Jun 2025
Elaine S
Saam met lewensmaat
5.0
Kalmte vir jou siel, 5 ster akkommodasie, sal Remini definitief aanbeveel. Vriendelike gasvrou en gasheer het ons baie welkom laat voel. Die tuinwoons...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 75

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 54 Leadwood Street, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Remini het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 720
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 720
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 720
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 54 Leadwood Street, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAG07fW6SoReO8QFCE7YnmenU3VyquMDvhqjCqNzVxh6h5G6Etje?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag (plek vir 2) 75 5 1 5 54 Leadwood Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0366069 24.924575

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang