Successfully reported
+71

Rietfontein Guest & Safari Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nooitgedacht Road, Rietfontein Farm, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rietfontein Guest & Safari Lodge is 'n rustige selfsorgplaas met 'n pragtige uitsig vanaf die berg. Dit bied gaste 'n regte plaasatmosfeer wat met die Bosveld en stilte gekombineer word, en is vir groepe en enkelreisigers vir lang of kort verblyf geskik.

Dié lodge van 505 ha beskik oor 2 eenhede. Die hooflodge het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet, en die res van die en suite-badkamers het elkeen 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens, en die ander slaapkamers het enkel- of koningingrootte-beddens. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket, en lei na die oopplan-kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n eiland en 'n etenstafel met sitplek vir 10. 'n Tuimeldroër is ook in die aparte opwaskamer beskikbaar.

Die Safari-eenheid het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 chalet-kamers. Elke chalet-kamer het sy eie en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet en privaat ingang. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die lodge kan apart of saam met die 4 safari-chalets bespreek word en het sy eie swembad, sondek en boma-braai. Die Safari-chalets kamers het ook hul eie selfsorg-grasdaklapa met 'n boma-braai en swembad, en kan ook apart gehuur word. Hierdie eenheid lei na die gemeenskaplike grasdak-lapa waar daar 'n kombuis is wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese breekware en eetgerei, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die lapa het 'n lieflike eetarea met 'n etenstafel, gemaklike rusbanke, 'n kroeg en 'n TV met die volle DStv-pakket. Die voorkant van die lapa lei na 'n boma-area met 'n swembad waarin gaste kan afkoel.

Aktiwiteite op die perseel sluit wildritte, skemerkelkies, 4x4-roetes, fietsroetes en staproetes in en kostes daarvoor kan op die plaas aangevra word. Die plaas het ook 'n skietbaan vir handwapenskiet, teikenskiet en 'n uitstekende 840 m-baan vir ver skiet. Daar is ook perde op die plaas en persoonlike interaksies kan gereël word, en die wild wat gedurende die dag die lodge-area besoek, kan ook van nader bekyk word. Wanneer dit skemer word kan gaste na die knetterende kampvuur luister terwyl hulle die Afrika-sonsondergang bewonder.

Wild wat op die plaas voorkom sluit klipspringers, swartwitpense, blouwildebeeste, elande, blesbokke, ribbokke, koedoes, waterbokke, kameelperde en sebras. Voëlkykers sal ook die rits voëlspesies op die plaas geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gerrit S
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik lekker en pragtige plek. Vreeslik lekker. Ons is na 'n groter eenheid opgradeer en dit was fantasties. Die huisie was baie luuks en modern...
Sien meer
Okt 2025
Saritha M
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer van die opsie gebruikmaak. Ons was besonder beïndruk met die verblyf. Ons akkommodasie is opgradeer na die huis sonder enige koste.
Jun 2025
Rozanne H
Saam met lewensmaat
5.0
Sielsrus, goddelike vrede en pragtig. Dit was 'n heerlike naweek. Annie is die vriendelikste gasvrou en het agteroor gebuig om ons naweek 'n hoogtepun...
Sien meer
Mrt 2025
Martha Mmamothime M
Saam met vriende
5.0
Nice. Very clean and beautiful. The owners are very friendly. We had a very nice time.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Clarice D
Gesin met tieners
5.0
Rus vir die siel. Een van die rustigste plekke om net weer te reset. Alles wat nodig is, huis is baie ruim en plekke vir elke persoonlikheid. Sal vir ...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Bertie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 44

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Nooitgedacht Road, Rietfontein Farm, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Rietfontein Guest & Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nooitgedacht Road, Rietfontein Farm, Bela Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA90a678287a7be4ad2884c8a993abaf1192fe3c3eac794804e3d35e123d53403de8e75b6fce5d972afc6744d6d2934e5ed11e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 Nooitgedacht Road Rietfontein Farm 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.797786387937 28.215205989331
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang