Successfully reported
+45

River View Cottage at the Breede

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 201 Breede River Lodge, Joseph Barry Drive, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 380 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

River View Cottage at the Breede is in die rustige dorpie, Witsand, net 3 ure se ry van Kaapstad af in die Tuinroete se rigting. Gaste kan 'n uitsig oor die Breederivier vanaf die bekoorlike, ruim grasdakkothuis, Fisherman's Cottage, aan die oewer van die Breederivier by die Breede River Lodge and Fishing Resort geniet.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kamer lei deur glasskuifdeure na 'n lieflike stoep en bied 'n rivieruitsig vanuit die bed. Die tweede slaapkamer is 'n solderkamer met 2 enkelbeddens. Hierdie kamer kan slegs via 'n steil houttrap bereik word en het 'n dakvenstertjie met 'n uitsig oor die rivier. Gaste moet egter by die steil trappies kan op om in die kamer uit te kom. Die gastebadkamer onder het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet net hul eie strandhanddoeke en toiletware saambring.

Die kombuis is met 'n glasbladstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond ,skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus en het 'n toonbank met stoele. 'n Draagbare gasbottel met 'n kookplaat is beskikbaar. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n etenstafel vir 4 gaste, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi word voorsien.

Glasskuifdeure lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die rivier. Ontspan op die stoep en luister na die pragtige voëlgesang. Die kothuis is op die rand van die oord geleë, naby die oord se restaurant en parkeerplek.

Veilige parkeerplek is agter 'n het, reg buite die eenheid, beskikbaar. Die kothuis het 'n omsetter wat die meeste toestelle tydens beurtkrag aan die gang hou.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Aissa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 201 Breede River Lodge, Joseph Barry Drive, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink River View Cottage at the Breede het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 380
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 380
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 380
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 201 Breede River Lodge, Joseph Barry Drive, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA689cf4722bf988233e3a0aff938dea639b7e315b3395ef4bb4d78406fbb8721787b8573319c69566bef93381a4a9f0cd4b1b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 380 per nag (plek vir 4) 18 5 1 5 201 Breede River Lodge Joseph Barry Drive 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.396177760865 20.826614091827
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang