Successfully reported
+39

Riverside 18

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverside Street 18, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Riverside 18 is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis geleë in 'n stil woonbuurt in Hermanus, 'n gewilde vakansiedorp aan die suidkus. Hierdie eiendom is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige tuisbasis vanwaar hulle die omliggende area en sy doendinge en besienswaardighede kan verken en geniet.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan tot 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het toegang tot 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens, terwyl die derde slaapkamer 'n stapelbed het. Hierdie twee slaapkamers deel 'n badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet. 'n Gastebadkamer met 'n toilet is ook beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel. Die opwaskamer bevat 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n oopplan-leefarea met gemaklike sitplek, 'n TV en 'n kaggel. Die aparte sitkamer is ingerig met 'n TV. Indien gaste DStv wil kyk, moet hulle hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Buite is daar 'n onderdakstoep met buite-eetstel en braaigeriewe. Die huis het 'n ruim tuin met 'n swembad en 'n dubbelmotorhuis. Ander geriewe sluit 'n sekuriteitstelsel en 'n pooltafel in. Hierdie eiendom is naby plaaslike geriewe soos winkels en restaurante.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Ann Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 23

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Riverside Street 18, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riverside 18 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 700
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 700
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riverside Street 18, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68c9897e8f35a4399310a590026f230bb680c2e2b7d654742f3585d58b6077493b55b095bf9aa9bd9f3415f59db4900d691d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Riverside Street 18 Hermanus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.410913020271 19.186745338623
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang