Sacred Mountain B&B or Self-Catering
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 6 Avondrust Lane, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R3 100 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Sacred Mountain Lodge is aan die einde van 'n landelike laning, 'n klipgooi van die ongelooflike, uitgestrekte, wit strand en turkooiskleurige see af in die lowerryke Noordhoekvallei geleë. Dit is omring deur manjifieke berge. Hierdie rustige en bekoorlike toevlugsoord het 'n ryk geskiedenis en die bewaar baie geheime uit die vallei se verlede. Ons privaat en rustige spa-wegbreek is 'n klein en intieme houthuisie in 'n privaat woudjie met 'n sauna, Jacuzzi-spa en 'n volledige reeks behandelings en terapieë.
Al ons kothuise het suiwer katoen-perkallinne, 'n platskerm-TV, DStv, koffie- en teemaakgeriewe en yskassies en ons selfsorgkothuise het ook volledig toegeruste kombuisies en privaat braaigeriewe. Van hulle het kaggels binne. Ons het 'n privaat kroeg, veilige, sonverhitte swembad wat omhein is, 'n gesondheidspa en WiFi wat eksklusief deur ons gaste gebruik word.
'n Heerlike plaasontbyt word in jou eie kothuis of onder die eeu oue eikebome in die woudagtige tuin voorgesit. Dit word met die varsste produkte voorberei met plaaseiers, plaasspek en vars gebakte brood.
Ons doen ons deel en is ekovriendelik. Ons lae-energie beligting, waterbesparende storte, die skeiding van vullis vir herwinning en algemene ontwerp dra alles by tot ons poging om ons kosbare aarde te help red.
Ons nooi jou uit om die natuurskoon hier aan die suidpunt van Afrika te ervaar en ons egte gasvryheid te geniet in die rustige omgewing van Sacred Mountain Lodge.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Samantha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 6 Avondrust Lane, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Sacred Mountain B&B or Self-Catering het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 6 Avondrust Lane, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang