San Lameer Villa 2529
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 675 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
            San Lameer Villa 2529 is op San Lameer Landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Hierdie subtropiese paradys is vol wild, unieke plantegroei, voëlsoorte en doendinge vir die hele gesin. Die 200 hektaar-bewaararea spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 skilderagtige Blouvlagstrande.
Hierdie vierslaapkamer-villa bied slaapplek vir 8 mense en het 3 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is en suite-badkamers by 2 van die slaapkamers en bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Verder het die villa ook 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamerarea.
Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het ook 'n tuimeldroër en wasmasjien beskikbaar vir gaste se gerief. In die eetkamerarea is daar sitplek vir 8 mense en 'n TV met die volle DStv-pakket. WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe.
Die villa het ook 'n watertenk wat alternatiewe watertoevoer verskaf. Verder het die huis 'n omsetter in die geval van beurtkrag.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 94
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 2529 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang