SANParks Skuinsklip Coastal Camp Site
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the N7, Namaqua National Park, 8241, Noord-Kaap
- Vanaf R178 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Skuinsklip Coastal Camp Site is in die Namakwa Nasionale Park in die hartjie van die Karoo. Die park het baie uitgebrei en strek tans vanaf die bekende Skilpad-gedeelte naby Kamieskroon op die platorand weswaarts tot by die kus. Dis 'n landskap van kontraste met plante en diere wat by die geharde klimaat aangepas het. Plate veldblomme, 'n helder sterrehemel, kokerbome, enorme granietrotse en die yskoue Atlantiese Oseaan is maar enkele van die natuurwonders in dié geweste.
Skuinsklip het slegs 2 kampstaanplekke en is naby 2 pragtige strande langs 'n rotsagtige kus. 'n 4x4-voertuig word benodig om die kamp te bereik.
Skuinsklip is 'n eenvoudige kampterrein wat met die natuur saamsmelt. Gaste moet alle benodigdhede saambring aangesien daar slegs basiese geriewe is. Daar is 2 staanplekke, elk met windbeskutting en 'n braai-area. Die staanplekke het nie water, krag of ablusiegeriewe nie, slegs omgewingsvriendelike toilette. Daar is ook nie selfoonsein nie.
Hout is by die Groenrivierhek beskikbaar, maar gaste word nogtans aangeraai om hul eie hout saam te bring.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1919
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Off the N7, Namaqua National Park, 8241, Noord-Kaap
- Gaste dink SANParks Skuinsklip Coastal Camp Site het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the N7, Namaqua National Park, 8241, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang