Knysna Seahorse Paradise
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 40 Trotter Street, Unit 2, Knysna CBD, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R5 000 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Knysna Seahorse Paradise is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Knysna en is 'n ideale opsie vir 'n gesin of vriende wat die pragtige Tuinroete wil verken.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeur is daar 'n balkon met buitesitplek wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie. Op die grondvloer buite is daar 'n tuintafel en braaigeriewe waar gaste gehaltetyd saam kan deurbring. Gaste kry veilige parkeerplek binne die kompleks.
Die ligging van hierdie kompleks is stapafstand vanaf die waterfront, Knysna Mall, Featherbed Boat Cruises asook Pledge Natuurreservaat. Gaste kan ook vir 'n kort entjie in die motor klim om by groot natuur- en avontuurterreine soos Knysna-woud, Knysna-koppe en Knysna- nasionale meer uit te kom.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Simphiwe Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 40 Trotter Street, Unit 2, Knysna CBD, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Knysna Seahorse Paradise het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 40 Trotter Street, Unit 2, Knysna CBD, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang