Sonsandsee
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Chiappini Street, Onrus River, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Sonsandsee is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis vir 10 gaste in Onrusrivier.
Die multi-verdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderkamer, 3 badkamers, 'n kombuis, eetarea en leefarea. Twee van die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens in die solderkamer. Die kamers deel gebruik van die badkamers met baddens en storte.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, potte en panne en tee- en koffiemaakgeriewe. Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die leefarea ontspan waar daar 'n TV met alle DStv-kanale en WiFi is.
Daar is 3 braai-areas en die perseel langsaan bied 'n lieflike stoep en speelarea vir kinders. Die eiendom is omhein en parkeerplek is beskikbaar.
Sonandsee is na aan verskeie stap- en fietsryroetes en dis net 1 km vanaf Onrus se strand waar gaste kan swem, vlieër vlieg, seil en walviskyk tussen Oktober en Januarie. Die omgewing bied ook voetslaan-, stap- en bergfietsroetes in die pragtige fynbos sowel as perdrygeleenthede.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 3 Chiappini Street, Onrus River, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Sonsandsee het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Chiappini Street, Onrus River, Onrus, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang