St Daniel 4
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 18 Aug 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 521 Bream Crescent, Unit 4 St Daniel, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 450R1 305 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
St Daniel 4 is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in Ramsgate. Dit is 'n ideale keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige wegbreek na hierdie kusdorpie wat naby die strand is.
Dié woonstel het slaapplek vir tot 6 gaste in 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die twee ander slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n gedeelde badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is beskikbaar vir die gaste se gerief. Die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met 'n DStv-dekodeerder. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Gaste kan 'n braai op die omheinde patio geniet wat ook 'n etenstafel en uitsigte oor die see het. 'n Balkon en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie eiendom is ongeveer 270 m van Ramsgate-strand af, met ander plaaslike geriewe soos winkels en restaurante in die nabyheid.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 69
Resensies 380
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 521 Bream Crescent, Unit 4 St Daniel, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 521 Bream Crescent, Unit 4 St Daniel, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang