Successfully reported
+77

Steenbokkie

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Steenbok Close, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Steenbokkie is in die Oliphantskop Privaat Natuurreservaat in Langebaan.

Daar is 2 selfsorgwoonstelle met slaapplek vir 4 gaste in Tarentaal en 2 volwassenes in Skillie.

Tarentaal is langs die hoofhuis, grens aan die motorhuis en het 'n privaat ingang. Die eenheid het 'n privaat houtvuurwarmbad en gaste moet asb. hul eie hout en braairooster saambring.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens met 'n en-suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is met 'n gasstoof, lugbraaier, mikrogolf, vrieskas, skottelgoedwasser, diepvrieskas, wasmasjien en 'n yskas toegerus. Daar is 'n eetarea en die sitarea het 'n kaggel en 'n TV. Tarentaal het die volle DStv-pakket en Skillie het sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n privaat onderdakbraai by elke eenheid, asook 'n standaard-rooster in die braai. Parkeerplek is onder 'n skadunet, op die perseel, agter 'n afstandbeheerhek beskikbaar.

Die Skillie-eenheid is 20 m vanaf die Tarentaal-eenheid en is geskik vir 2 volwassenes en 'n kind. Die eenheid het 'n privaat houtvuurwarmbad en gaste moet hul eie hout saambring. Daar is 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en daar is 'n slaapbank in die leefarea vir 1 kind onder 12 jaar. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, mikrogolf, lugbraaier, kisvrieskas, skottelgoedwasser, linne en handdoeke toegerus. Die eenheid het 'n TV met die Access-pakket, maar nie DStv-nie. Gratis WiFi word voorsien en die eenheid spog met 'n onderdakbraai-area én 'n binnebraai. Die parkeerplek is onder skadunet.

Let asb. dat Steenbokkie nie in die middedorp geleë is nie en nie stapafstand vanaf die strand is nie. Dit is ongeveer 3 km vanaf Club Mykonos, die kasino, Laguna Mall en verskeie restaurante.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 135 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Chantel B
Saam met lewensmaat
5.0
Best place we have stayed at! The place is amazing! We thoroughly enjoyed our stay. We had a lovely romantic stay. Very private and qui...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
George N
Gesin met tieners
5.0
Perfect, peaceful, relaxing, a little heaven. It was fabulous. I will definitely visit again and recommend this place to everyone I kno...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Grant I
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect location to experience the everyday West Coast weather and scenery. We had a wonderful stay. The surrounding nature incorporate...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Adri D
5.0
Gerieflike, goed toegeruste blyplek. Ons het baie lekker gebly.
Aug 2025
Natascha J
Saam met vriende
5.0
Net lekker! Pragtige plek en Ireen was so behulpsaam. Als was net lekker en gemaklik. Home away from home.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Irene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 135

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 12 Steenbok Close, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Steenbokkie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Steenbok Close, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA123f06f76d438eeddee5bbefd09c8286996c9279030e405202101184fc3857580f41963c02a16644707a332d7e4345333daa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 135 5 1 5 12 Steenbok Close Olifantskop 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.058750346391 18.061490077992

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang