Tankwa River Lodge
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaauwheuvel 121, Tankwa Karoo, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Vanaf R8 500 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Tankwa River Lodge bied lieflike selfsorgverblyf in 'n 250 jaar oue opstal op 'n plaas 70 km vanaf Sutherland in die Tankwa-Karoo. Hierdie unieke verblyf is ideaal vir 'n gesinswegbreek, aangesien daar 'n swembad is.
Dié verblyf bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofsslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl die derde en vierde slaapkamer elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en gaste deel die vyfde badkamer met 'n bad en stort.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese gas-oond, yskas, vrieskas, eetgerei, breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitarea het gemaklike sitplek waar gaste met 'n boek kan ontspan. Dié area het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet, en nog 'n klein etenstafel voor die binnebraai. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n ruim en sonnige stoep met sitplek, braaigeriewe en 'n swembad. Daar is ook 4x4-roetes, bergfietsroetes en natuurritte op die plaas. Die Tankwa Nasionale Park is ook net 'n entjie ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Peter Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Blaauwheuvel 121, Tankwa Karoo, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink Tankwa River Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaauwheuvel 121, Tankwa Karoo, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang