Successfully reported
+18

TAO Forest Campsites

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 726 Heights Road, TAO Forest Campsites, Wilderness Heights, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

TAO Forest Campsite is in die hartjie van Wilderness Heights op die Tuinroete geleë en bied 'n lekker wegbreek buite die stadsgedruis. Die kampeerplek word deur baie bome omring, bied 'n rustige omgewing om te ontspan en is ideaal vir natuurentoesiaste en enigiemand wat wil herlaai.

Daar is 2 heeltemal privaat staanplekke wat elk 6 gaste kan akkommodeer. Die staanplekke is ontwerp vir losstaande tente en ongelukkig nie geskik vir karavane of sleepwaens nie. Kampeerwaens en bakkies met daktente kan wel hier kamp.

Elke staanplek het sy eie ablusiegeriewe wat 'n stort, wasbak en 'n toilet insluit. Daar is ook 'n buitebad waarin gaste kan ontspan. 'n Gasgeiser voorsien warm water vir die stort en die buitebad. Elke staanplek het braaigeriewe, insluitend 'n braairooster en 'n braaitang. 'n Stapel hout en 'n pakkie blits word voorsien. Die staanplekke is met 'n 555W-sonkragstelsel toegerus, wat voldoende is vir kampeerders se ligte, selfoonlaaiers en 'n klein kampyskas. Geen elektriese ketels of ander elektriese toebehore word toegelaat nie.

Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, voëlkyk, visvang, fietsry en swem in. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Dylan B
Saam met lewensmaat
5.0
Spectacular. We will most definitely stay again. Nothing short of amazing, gorgeous and everything a camper could ask for. Gas hot wate...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Carelia S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie netjies en mooi area. Ons sal weer gaan! Ons het baie lekker gebly.
Apr 2025
Christelle V
Gesin met tieners
5.0
Picture perfect. What a beautiful getaway in nature, we will definitely be back!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Jana S
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte ligging. Baie mooi kampplek.
Nov 2024
Cora C
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike kampeerplek in die bos! Wat 'n heerlike, pragtige kampeerplek onder digte bome met soveel atmosfeer. Voel soos diep in die bos. Besonder mooi...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dawid Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 726 Heights Road, TAO Forest Campsites, Wilderness Heights, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink TAO Forest Campsites het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 726 Heights Road, TAO Forest Campsites, Wilderness Heights, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7c5e07f38e361cbe8c56b00da44370dc5267b408a1cff495f291ebb0f2c4d0691537a2c92ea78b7b88c361d98797d986d754?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 6) 18 5 1 5 726 Heights Road TAO Forest Campsites 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.9833248 22.5761011

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang