Successfully reported
+20

Tegwaan Pine Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Slaaihoek Road, Farm 344 Doornhoek Portion 54, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Vanaf R3 290 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Tegwaan Pine Cottage is 'n selfsorgeenheid op 'n plaas in Waterval Boven, Mpumalanga, 'n area wat vir sy skilderagtige roetes, staproetes, visvang, bergfietsroetes en ikoniese natuurlike besienswaardighede, soos die Elandsriviervalle, bekend is.

Dié kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n stapelbed in die derde slaapkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die eenheid beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus is. Die sit- en eetarea bied gemaklike sitplek en spog met 'n houtkaggel.

Buite is daar 'n lieflike stoep met sitplek en braaigeriewe. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en kan voetslaan, visvang, voëlkyk, rotsklim, bergfietsry en Sondagoggende joga doen. Tegwaan Country Getaway bied ook kamer- of tuinbehandelings deur 'n vennootskap met Crystal Healing Mobile Spa.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Balthazar Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 11

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Slaaihoek Road, Farm 344 Doornhoek Portion 54, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 290
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 290
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 3 290
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Slaaihoek Road, Farm 344 Doornhoek Portion 54, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA106a1a03b34ff88f12ba656c98070b2441f7313305fe5b83407c7d675d654bee3c34c0196ee3c8f9478a76c9f5a8d8b13a6d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 290 per nag, vir 6 mense Slaaihoek Road Farm 344 Doornhoek Portion 54 1195 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.661270521246 30.345217338623

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang