The Berries
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Snoek Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
- Vanaf R2 700 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
The Berries is aan die suidelike kant van Elandsbaai, naby Bobbejaanpunt en aan die grens van die duinreservaat op die strand geleë. Dit is 'n stil en privaat hoekie in Elandsbaai waar die berg beskutting teen die wind bied.
Die huisie is heeltemal uit herwinde materiaal gebou en daar word deurentyd daaraan geskaaf. Die waterslim-tuin is 'n pragtige bewys van ongestoorde, inheemse plantegroei en bome wat endemies tot die area is. Die voëls in die tuin is 'n plesier om dop te hou.
Daar is 2 slaapkamers en 'n aparte slaaphoekie met slaapplek vir 8 gaste. Die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die slaaphoekie het 4 stapelbeddens. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea verleen 'n informele, ontspanne atmosfeer aan The Berries. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, toebroodjierooster en alles wat jy nodig het. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die sitkamer is gerieflik gemeubileer en lei na die voorste dek. Die gesinsbadkamer het 'n bad en 'n groot stort. Jy kan die sand en seewater heerlik afspoel in die buite-stort.
Gaste kan lekker braai of rondom die kampvuur kuier by die boma onder die sterre.
Elandsbaai bied pragtige Weskus-landskappe en wild. Die omgewing loop ook oor van argeologiese- en natuur-geskiedenis. Daar is blomme in die lente en kreef in die somer.
Gaste kan 'n verskeidenheid buitelug-doendinge geniet, soos branderplankry, seilplankry, vlieërvlieg, sandplankry, visvang, kreefduik, natuurwandelings en fietsry. Kyk hoe die dolfyne en walvisse in die baai baljaar en wees op die uitkyk vir swartarende wat oor die bergkrans sweef. Gaan bekyk ook die boesman-rotskuns. Ervaar die Verlorenvlei voël-ekspedisies en kanovaarte.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Gerry Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 8 Snoek Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
- Gaste dink The Berries het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Snoek Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang