Successfully reported
+34

The Berries

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Snoek Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

The Berries is aan die suidelike kant van Elandsbaai, naby Bobbejaanpunt en aan die grens van die duinreservaat op die strand geleë. Dit is 'n stil en privaat hoekie in Elandsbaai waar die berg beskutting teen die wind bied.

Die huisie is heeltemal uit herwinde materiaal gebou en daar word deurentyd daaraan geskaaf. Die waterslim-tuin is 'n pragtige bewys van ongestoorde, inheemse plantegroei en bome wat endemies tot die area is. Die voëls in die tuin is 'n plesier om dop te hou.

Daar is 2 slaapkamers en 'n aparte slaaphoekie met slaapplek vir 8 gaste. Die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die slaaphoekie het 4 stapelbeddens. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die ruim oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea verleen 'n informele, ontspanne atmosfeer aan The Berries. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, toebroodjierooster en alles wat jy nodig het. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die sitkamer is gerieflik gemeubileer en lei na die voorste dek. Die gesinsbadkamer het 'n bad en 'n groot stort. Jy kan die sand en seewater heerlik afspoel in die buite-stort.

Gaste kan lekker braai of rondom die kampvuur kuier by die boma onder die sterre.

Elandsbaai bied pragtige Weskus-landskappe en wild. Die omgewing loop ook oor van argeologiese- en natuur-geskiedenis. Daar is blomme in die lente en kreef in die somer.

Gaste kan 'n verskeidenheid buitelug-doendinge geniet, soos branderplankry, seilplankry, vlieërvlieg, sandplankry, visvang, kreefduik, natuurwandelings en fietsry. Kyk hoe die dolfyne en walvisse in die baai baljaar en wees op die uitkyk vir swartarende wat oor die bergkrans sweef. Gaan bekyk ook die boesman-rotskuns. Ervaar die Verlorenvlei voël-ekspedisies en kanovaarte.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Goed

Netheid
4.1
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.2
Diens
4.0
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
Lorraine C
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing, comfortable home away from home! Comfortable stay, loved the natural garden and spacious feel of the cottage. Beach within wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Pieter J
Saam met vriende
5.0
Lekker naweek van rus. Baie lekker plek. Fantastiese ligging. Braai plek is baie gesellig. Ek sal dit definitief aanbeveel.
Feb 2025
Nikki G
Saam met vriende
4.6
Restful and peaceful. Great spot for rest, nice and relaxing. Appreciated the quiet.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Mariette K
Gesin met tieners
4.4
The Berries is 'n "home away from home". Dit was 'n wonderlike, rustige ervaring waarin ons kon rus en afskakel!
Sep 2025
Lize B
Saam met lewensmaat
4.2
Perfek vir 'n iemand wat daarvan hou om naby die natuur te wees. Baie goeie ligging by die see met mooi sonsondergang en gedeeltelike see-uitsig. Mooi...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Gerry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 8 Snoek Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Berries het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 700
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 700
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 700
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Snoek Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyNzQzZTk0LTMzMGItNDc0OS05MTc2LWM4ZTY0ZDJkYmY0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag, vir 8 mense 23 5 1 4 8 Snoek Street Elands Bay 8110 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.318344855656 18.325035317434
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang