Successfully reported
+57

The Shoe Guest House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R36 Main Road, 20km from Ohrigstad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Shoe Guest House word deur The Shoe Ministries besit, 'n nie-winsgewende organisasie wat die wins van die gastehuis gebruik om die woord aan die nasie te verkondig. Verblyf word aangebied op 'n omheinde plaas in die middel van die bosveld en is die tuiste van The Shoe - 'n 12 m lange skoen wat 'n museum en 'n gallery is.

Die instansie maak 80% van sonkrag gebruik en beskik oor 8 aparte chalets waarvan 4 langs mekaar onder een dak geleë is. Dit was 'n groot plaashuis wat nou in 4 aparte chalets omskep is. Die chalets is almal toegerus vir selfsorg en is ruim wat dit ideaal maak vir groot groepe. Die ander 4 klip-chalets is aan die voet van die berg geleë. 2 van hierdie chalets is privaat, losstaande selfsorg-eenhede en die ander 2 is suites. Geriewe sluit 'n badkamer, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

Al die eenhede het net 1 DStv-kanaal en 'n OVHD-dekodeerder, waaiers en privaat braai-areas. Elke kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, 'n stoof en mikrogolfoond. Beddegoed word voorsien, sowel as handdoeke, maar gaste moet daarvoor vra. Daar is ook 'n swembad en 'n pool-tafel waarvan gaste gebruik kan maak.

The Shoe Guest House is besig om "groen" te word en as gevolg van die sonkrag sal geen elektriese verwarmers in die eenhede voorsien of toegelaat word nie. Daar word 1 sak gratis hout vir die kaggels in die klipkothuise voorsien. Ekstra sakke hout kan by die kiosk gekoop word. Alle beddens word ook van warmwatersakke voorsien. Hou n gedagte dat dit 'n probleem vir sommige gaste kan wees. Warm water word via 'n houtvuurdonkie verkry en al die chalets beskik oor gasstowe vir warm maak en kook.

Die Teetuin is tussen 09:00 en 17:00 oop. Ligte maaltye en ontbyt word heeldag bedien. Aandete kan op versoek gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Sanja C
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning Skoenhuis and ondervinding, het dit met my hele familie dadelik gedeel! Baie lekker gebly! Vriendelike, warmhartige mense. Baie oulike en oor...
Sien meer
Mrt 2025
André R
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige area. Heerlik gekuier. Oulike huisie en baie netjies.
Sep 2024
Johan H
Gesin met tieners
4.8
Vriendelike en gasvrye diens. Mooiste huisies in pragtige omgewing. Baie lekker gebly, geslaap en geëet!
Jun 2025
Heleen C
Saam met lewensmaat
4.8
Goed geleë as oornagverblyf oppad na Kruger Nasionale Park of Blyderivier. Ons was aangenaam verras met die hele opset by The Shoe Guest House. Die fe...
Sien meer
Okt 2024
Marius M
Saam met lewensmaat
4.4
Very enjoyable. Lovely accommodation, clean, friendly staff. Good food.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Michell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • R36 Main Road, 20km from Ohrigstad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
  • Gaste dink The Shoe Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R36 Main Road, 20km from Ohrigstad, Ohrigstad, 1122, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAwZGJlOWNjLTRhNzEtNDlhMy1iY2M3LTUxNWUwNDZlNTExZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 52 5 1 5 R36 Main Road 20km from Ohrigstad 1122 Limpopo 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -24.584890330335 30.632645487785

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang