Successfully reported
+111

The Spinning Reel

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 10 Freshwater Road, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Vanaf R670 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Spinning Reel is teen Port Alfred se strand aan die Sonskynkus geleë en bied verskeie verblyf-opsies. Hiér is die strand byna op jou drumpel, kan jy 'n wonderskone sonsopkoms geniet en is jy net 2 minute se ry van die middedorp af. The Spinning Reel bied 'n ontspanne, gerieflike en afgesonderde vakansie-wegbreek vir gesinne en paartjies. Dit is ook die ideale oornagverblyf vir moeë reisigers.

Verblyf sluit afgesonderde selfsorg-strandkothuise, lieflike chalets met asemrowende see-uitsigte, en B&B-opsies met strand-uitsigte in. Elke strandkothuis en hut is strategies tussen die natuurlike duine geleë om privaatheid te bied. Daar is nie 'n pad wat die kothuise en hutte van die strand skei nie en dié verblyf is dus letterlik 'n hanetreetjie van die strand af.

Hiér kan gaste lekker rus, op die strand wandel, na branders wat breek luister, walvisse dophou en net ontspan.

'n Tennisbaan is beskikbaar en gaste kan op die strand of rustige paaie draf. Gaste kan ook 'n boot huur om op die rivier te vaar. Die Royal Port Alfred Gholfbaan is in die nabygeleë omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Andrew W
Saam met lewensmaat
5.0
Better than expected. Excellent, well-appointed accommodation with a friendly host. We loved our stay, which was too short.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Carin P
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik rustig see uitsig. Heerlik rustige plekkie. Baie stil en geen verkeer rondom nie. Personeel was baie vriendelik en behulpsaam.
Jun 2025
Hafeez I
Saam met vriende
5.0
User-friendly accommodation. Brilliant stay with the beach view.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Dennis S
Saam met vriende
5.0
Sal weer hiervan gebruikmaak vir gholfreis. Eenvoudig, netjies en gemaklik met basiese toerusting om na behoeftes om te sien. Kan maklik deurstap na d...
Sien meer
Okt 2024
Ben J
Saam met lewensmaat
3.6
Rustige area. Lekker gebly naby die see.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Kim Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 10 Freshwater Road, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Spinning Reel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 670
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 670
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 670
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 10 Freshwater Road, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJhNTQ4MzMzLTQ4YzEtNGRmNC1iYzc2LTdlYmVhNGE0ZTlkNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R670 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 10 Freshwater Road Port Alfred 6170 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -33.61644044137 26.878567927509

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang