Successfully reported
+32

The Spry House

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 7 Aug 2025 tot 12 Des 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Sanderling Close, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 458 R2 972 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Spry House bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Myburgh Park, Langebaan. Dit is die perfekte opsie vir 'n wegbreek aan die Weskus aangesien hierdie huis bederf met 'n uitnodigende swembad wat wonderlik is vir die somer.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 5 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 3 slaapkamers wat elk met 'n koningingrootte-bed ingerig is en die ander 2 slaapkamers het elk 'n driekwartbed. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in albei badkamers beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Vanuit hierdie kombuis lei 'n eetarea met oorgenoeg sitplek vir almal om hul maaltye saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV.

Boonop het hierdie huis 'n binnenshuise vermaakruimte met 'n ingeboude braai, 'n veerpyltjiebord en 'n tafeltennistafel. Hierdie ruimte lei na die uitgestrekte agterplaas van die eiendom met 'n uitnodigende swembad vir gaste om te geniet. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
3.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 63

Resensies 345

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 6 Sanderling Close, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 458
R 4 458 R 2 972
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R4 458
R 4 458 R 2 972
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 458
R 4 458 R 2 972
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Sanderling Close, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5105962c2fa7d9eda135c6ed628535253b960378fd44b95bb0f100ed175d149336331c8d17303b3d9586859d43bfc6317a65?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 458 nouVanaf R2 972 per nag (plek vir 8) 1 5 1 4 6 Sanderling Close Myburgh Park 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.105628123781 18.038125709262

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang