Time Out
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 7 Gey Van Pittius Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
            Time Out bied knus oornagverblyf in Yzerfontein, net 700 m vanaf die strand. Hierdie verblyf is ideaal vir paartjies of klein gesinne wat op soek is na 'n strandwegbreek langs die Weskus.
TimeOut1 bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuisie het 'n mikrogolfoond en 'n eetarea. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met Netflix, Showmax en DStv waarvoor gaste hul eie intekenbesonderhede kan gebruik. Privaat braaigeriewe is op versoek beskikbaar en gaste het toegang tot toesluitparkeerplek. 
Time Out 2 is ideaal vir 'n gesin en bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis en 'n leefarea. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Badhanddoeke en linne word voorsien. TV ingesluit. Jaccuzi slegs vir die somer met sonverhitte panele op die dak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en -oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die eenhede gebruik 'n 5kw-rugsteunkragstelsel wat ondersteuning tydens beurtkrag bied. Daar is 'n etenstafel met stoele en die leefarea het 'n binnebraai-area en 'n sitkamerstel. Skuifdeure lei na 'n privaat tuin met 'n Jacuzzi en 'n braai-area. 'n TV met Netflix, Showmax en DStv is beskikbaar en gaste kan hul eie intekenbesonderhede vir hierdie stroomdienste gebruik. 
Die verblyf het ook 'n rugsteunkragstelsel in die geval van beurtkrag. Toesluitparkeerplek is ook beskikbaar.
        
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 7 Gey Van Pittius Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 volwassenes
- Geen kinders
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 7 Gey Van Pittius Street, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang