Toekoms Inn
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Buffelsvlei, House, Aliwal North, 9750, Oos-Kaap
- Vanaf R950 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Toekoms Inn is 'n knus selfsorgkothuis op 'n plaas wat aan die buitewyke van Aliwal-Noord op die N6 geleë is. Hierdie kothuis is 'n wonderlike opsie vir 'n klein gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek weg van die stad se gewoel.
Dié kothuis het gemaklike slaapplek vir altesaam 3 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Hierdie kothuis het ook 'n koffiestasie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Komplimentêre tee, koffie en beskuit word voorsien. Hierdie spasie het ook 'n gemaklike rusbank en slim-TV met Netflix, Disney Plus en YouTube. Toegang tot gratis Wi-F is beskikbaar.
Buite is 'n sonnige patio met 'n piekniektafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om saans te ontspan. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nodette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Buffelsvlei, House, Aliwal North, 9750, Oos-Kaap
- Gaste dink Toekoms Inn het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Buffelsvlei, House, Aliwal North, 9750, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang