Tramonto Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Booysen Street, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Tramonto Lodge bied gerieflike oornagverblyf ná 'n lang rit deur die Kalahari. Dié lodge is 'n oase vir moeë reisigers en spog met 'n kristalhelder swembad en 'n gemeenskaplike braai-area. Elke eenheid word daagliks skoongemaak en veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n elektriese heining beskikbaar.
Tramonto Lodge bied 5 eenhede waarvan 4 selfsorg-eenhede is. Die selfsorgeenhede is toegerus met mikrogolfoonde. Elke eenheid het 'n oopplan-uitleg en bied slaapplek aan 2 tot 5 gaste. Die eenhede het dubbelbeddens of enkelbeddens. Die en suite-badkamers het elkeen 'n stort. Alle linne, handdoeke en badkamerbenodigdhede word voorsien. Die kombuisies is elkeen toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, eetgerei en breekware. 'n Stoof is in 1 van die eenhede beskikbaar. Elke eenheid beskik oor lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Tramonto Lodge is naby 'n winkelsentrum geleë en daar is ook verskeie doendinge in die omgewing, soos wynproe en riviervlotvaart op die Oranjerivier. Gaste kan ook gerus 'n draai maak by die die Augrabieswaterval in die Augrabies Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark met die Groot 5 en die Skilpad-natuurreservaat.
Tramonto Lodge is ideaal geleë vir besige sakelui, solo-reisigers, gesoute rugsakreisigers, adrenalien-vrate of aktiewe gesinne. Kyk hoe die son oor die Oranjerivier opkom, luister vroegoggend na die gekwetter van voëls en verkwik jou siel langs die die swembad met die reuk van braaivleisvure wat in die lug hang.
Vir kinders onder die ouderdom van 12 kan afslag met die eienaar gereël word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Wilhma Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 11 Booysen Street, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Gaste dink Tramonto Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Booysen Street, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang