Successfully reported
+64

Two Oceans Stay

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Kollege Street, Welgelegen, 7500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 112 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Two Oceans Stay is 'n lieflike gastehuis in 'n stil area van Welgelegen in die Noordelike Voorstede van Kaapstad. Dis naby winkelsentrums en 1,2 km vanaf Panorama Mediclinic.

Die eiendom bied 'n keuse tussen Chapmans Peak, Signal Hill, Lionshead en Winelands wat elkeen vir 3 gaste geskik is en Peninsula en Robben Island wat elkeen slaapplek aan 2 gaste bied.

Elke kamer het sy eie badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Robben Island, Penisula en Winelands het hul eie privaat tuinte met herwinde plastiekbankies.

Die hoofleefarea van elke kamer het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware toegerus is en daar is ook 'n etenstafel. Gratis WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale soos rugby, krieket, tennis, en motorsport is beskikbaar.

Gemeenskaplike geriewe soos 'n tuin met braaigeriewe is beskikbaar. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek agter afstandbeheerde hekke en daar is elektriese heinings en geslotekringtelevisie.

Two Oceans Stay het sonpanele en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Johannes D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker fantasties. Fantastiese verblyf, lekker om te rus.
Aug 2025
Christo B
Saam met lewensmaat
5.0
Bokki was very friendly and helpful. No complaints, everything was in order.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Lizette B
Saam met lewensmaat
5.0
In 'n neutedop - puik! Alles by Two Oceans Stay was top klas! Van die bespreking tot by die vertrek. Ons is baie vriendelik ontvang, die kamer was bai...
Sien meer
Jun 2025
Gallie P
5.0
Baie lekker gebly. Baie netjies en skoon. Uitstekende diens. Vriendelike mense.
Apr 2025
Danny M
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig, skoon, goeie ligging. Die verblyf was wonderlik en baie gerieflik.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marius van den
Heever

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 13 Kollege Street, Welgelegen, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Two Oceans Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 112
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 112
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 112
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13 Kollege Street, Welgelegen, 7500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6d8930eb628dc23bab464ae42e093e91a1c8486c190d16aba7c9d8c8c2c8541bea1ff8f36613f3448bfc3e916da3edf73e95?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 111 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 13 Kollege Street Welgelegen 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.872966 18.5741917

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang