Uvongo Cabanas 2B
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin Street, Cabanas Complex B, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Uvongo Cabanas 2B is 'n selfsorgvakansiewoonstel wat ideaal geleë is in 'n veilige kompleks in die hartjie van Uvongo. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n wegbreek aan die Dolfynkus aangesien die woonstel lieflike see-uitsigte het.
Dié woonstel op die grondvloer bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ekstra vrieskas. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Boonop het hierdie spasie 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.
Buite is daar 'n lieflike sonnige patio met 'n piekniektafel en braaigeriewe. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike braaigeriewe asook veilige parkeerplek. Die ligging van hierdie kompleks is ongeveer 6 km vanaf winkelsentrums. Margate is 5 km weg, terwyl Shelley Beach 1 km ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Henry Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Colin Street, Cabanas Complex B, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Uvongo Cabanas 2B het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin Street, Cabanas Complex B, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang