Wharthog Corner Leeupoort
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Dwarfgreen, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Wharthog Corner Leeupoort is in Dwarfgreen in die bekende Leeupoort Vakansiedorp geleë. Die verblyf is ideaal geleë vir 'n gesin vol natuurliefhebbers of reisigers wat op soek is na avontuur, en is sowat 58 km van Thabazimbi en 72 km van Bela-Bela af.
Hierdie dubbelverdieping-bosveldhuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 8 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en is ingerig met lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die TV-kamer het 'n dubbel-uittrekslaapbank. Die ander 2 slaapkamers op die grondvloer het elkeen 'n dubbelbed, en deel die gebruik van die tweede badkamer.
Die oopplan-kombuis is toegerus met al die nodige geriewe vir 'n sorgelose selfsorg-wegbreek in die bosveld. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv.
Die stoep kyk uit oor die bosveld waar wilde diere rondloop en asemrowende sonsondergange die landskap tooi.
Die huis bied ook braaigeriewe, 'n boma en 'n Jacuzzi.
Daar is verskeie staproetes op die perseel wat tussen die verskillende inheemse boomsoorte deurkronkel. Kameelperde, wildebeeste, verskeie bokspesies en ander wild is ook in die park te sien.
Daar is 'n algemene handelaar by die sekuriteitshek, asook 'n drankwinkel, 'n swembad en 'n restaurant. Die gemeenskapsaal, 'n speelparkie vir die jongspan, 'n biblioteek en 'n huisdokter is op die dorp te vinde.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sharon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 76
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 66 Dwarfgreen, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
- Gaste dink Wharthog Corner Leeupoort het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Dwarfgreen, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang