Successfully reported
+37

Woodpecker Inn

Gastehuis
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: c/o Nkoninga & Pelican Parade, Birdswood, Richards Bay, 3901, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Woodpecker Inn bied rus en vrede in 'n vriendelike Afrika-atmosfeer aan. Ons het puik grasdak-lodges in 'n mooi omgewing net 'n paar minute vanaf Richardsbaai Lughawe en die middedorp.

Daar is 40 kamers wat met vars, landelike materiale versier is, elkeen met lugversorging. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, en koffie- en teemaakgeriewe. Kies 'n kamer wat elegant ingerig is, of 'n luukse, privaat selfsorg-lodge met 6, 7, 8 of 9 en suite-kamers.

Gaste kan 'n heerlike, volledige buffet-ontbyt in die restaurant op ons perseel geniet of 'n smaaklike à la carte-aandete by kerslig. Uitstekende kroegetes is ook beskikbaar. Koffie en tee word deur die loop van die dag bedien en ons mengeldrankie-kroeg is ten volle gelisensieerd sodat jy drankies kan geniet aan die einde van die dag, hetsy langs die swembad of in die lapa. Daar is veilige parkeerplek en 'n konferensielokaal vir 110 afgevaardigdes. Die lokaal is toegerus met DVD- en CD-spelers, blaaikaarte, witborde en 'n dataprojektor. Woodpecker Inn is ook as die beste funksielokaal aangewys in Zululand! Dit is die ideale bestemming vir jou droom-troue. Van troukoeke, inwonende platejoggies, tafelrangskikkings, volledige spyseniering, die seremonie en onthaal alles onder een dak!

Richardsbaai bied 'n hele rits doendinge en besienswaardighede: visvang, voëlkyk, branderplankry, swem, gholf en kanovaarte. Gaste kan ook op pragtige dagritte gaan, die natuurreservate besoek of 'n potjie gholf op Empangeni se Gholfbaan gaan speel, wat net 'n entjie van Woodpecker af geleë is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Goed

Netheid
3.6
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.9
Veiligheid
3.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.7/5

Jacques Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • c/o Nkoninga & Pelican Parade, Birdswood, Richards Bay, 3901, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Woodpecker Inn het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: c/o Nkoninga & Pelican Parade, Birdswood, Richards Bay, 3901, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiMTJkNjlkLTljYTEtNDRhMS04ZDRjLTM2MjMxMDRiYTEzNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 49 5 1 4 c/o Nkoninga & Pelican Parade Birdswood 3901 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.7408159 32.0809039

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang