Geverifieerde Resensie
Amanzimtoti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amanzimtoti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 457 resensies.
"Lekker plek, net jammer dit gaan agteruit, nie meer so skoon soos altyd nie."
"As 'n mede hengelaar voel ek dat die strande baie vuil gemaak word deur die hengelaars en meer toesig kort op vure wat op strand gemaak word. Baie bedelaars in aand op strand."
"Ek sal nie Amanzimtoti se hoofstrand aanbeveel nie. Nie veilig gevoel nie."
"Ons hou baie van Amanzimtoti en het al baie vakansie daar gehou. Wil graag weer gaan."
"Naby genoeg aan Durban, maar nie te naby om in die gewoel te wees nie. Goeie middelpunt van waar ons wou wees."
"It's a lovely place for holidays, lots to do and see, the beach is beautiful with lots of activities for kids. Also, I would definitely recommend Amanzimtoti for a nice holiday."
"Ons gesin het dit baie geniet, daar is genoeg om die tieners en die kleuters besig te hou maar die strand is nie stampvol nie. Die strand en strate is baie skoon en netjies!"
"Warner Beach self is pragtig, maar daar is is sommige elemente op die strand wat mens versigtig laat voel. Ander dele van Amanzimtoti is erger, soveel so dat mens glad nie daar wil loop nie."