Verified Reviews
Amanzimtoti
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Amanzimtoti
Rated 4.5 out of 5 based on 457 reviews.
"Die afdraende af see toe van die woonstel af, was bietjie uitputtend, maar nog steeds die moeite werd."
"Sekuriteit was puik en die restaurante was ook bekostigbaar en die kos van goeie gehalte."
"Ons het net eers bietjie gesukkel om die regte Ocean Breeze te kry. Miskien net duidelike verwysingsbordjies aanbring by die ingang na Winklespruit. Dit sal eerstekommers dalkies vinniger bring by die regte Ocean Breeze."
"Amanzimtoti is wonderlik. Maak net seker van die verblyf daar voor jy bespreek."
"Lekker swemstrand! Restaurante, inkopies, vermaak en strand is alles binne loopafstand. "
"Amanzimtoti is baie kindervriendelik en het altyd lekker weer, selfs al reën dit. Is naby Ushaka en 'n lughawe. My gunsteling vakansiebestemming!"
"Amanzimtoti is soos enige plek in Suid-Afrika met uitdagings te doen. Van die Munisipaliteit se dienslewering tot die man in die straat. Bo alles was ons verras op die netheid van die strande. Netheid in die algemeen is belangrik vir toeriste. Geen rommel in strate en algehele netheid sal die toerisme in 'n dorp verbeter. Ek moedig almal aan in Amanzimtoti om altyd te sorg dat die dorp skoon is van papiere en blikke. 'n Netjiese dorp skep die gevoel van veilige omgewing. Amanzimtoti is 'n bestemming met baie potensiaal. Ons sal weer daarheen kom."
" Teleurstellend om die strand see swembad leeg te sien agv teëls wat stukkend is en dit lyk of dit nog baie lank gaan leeg bly. Die stadsraad sukkel met storm skade en dit lyk of finansies 'n probleem is."
"In general it was a very pleasant stay, friendly people. We felt safe at all times."
"Kort bietjie aandag en netheid op straat en strande kort ook meer opknapping."
"Amanzimtoti is my gunsteling plek om te gaan vakansie hou by die see. Thirsty Whale en Spur alles bymekaar op die strand, wat meer wil jy hê. "