Verified Reviews
Amathole District
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Amathole District
Rated 4.4 out of 5 based on 873 reviews.
"Wonderlik en beslis een van die skoonste areas in Oos-London. Klein dorp en plaas-atmosfeer."
"Die slaghuis kan verbeter en meer aktiwiteite sal waardeer word."
"Die plek wemel van die gastehuise, maar daar is nie werklik eetplekke wat mens kan aanbeveel nie. Die mense ry net baie rof!"
"Mal oor Gonubie, dis die vakansie-area van Oos-London in my opinie."
"'n Somervakansie word aanbeveel, want net die strand is daar. Baie Oulike dorpie en n paar oulike winkels. Ons het dit wel geniet, lekker ontbyt langs die see by Heavenly pancake house."
"Geen opmerking of kommentaar sal reg kan laat geskied aan Hogsback nie. 'n Mens moet dit eenvoudig self beleef. Die feit dat Hogsback redelik hoog bo seespieël lê, gee vir 'n mens die gevoel dat jy in 'n ander wêreld is, ver verwyder van enige iets wat bekend is. Die waarde daarvan om Hogsback te besoek, lê nie net in die besoek van alles wat Hogsback bied nie, maar ook om met die inwoners te praat en hulle stories oor Hogsback te hoor. Die enigste negatiewe kommentaar oor Hogsback, is die toestand van die paaie. Dit sluit die enigste teerpad in Hogsback in, asook die grondpaaie na al die verskillende besienswaardighede en gastehuise. "
"Lieflike kusdorpie amper soos 'n 'village' op sy eie. Love Gonubie. Alles wat jy nodig bv. winkels, banke, slaghuis etc. is in Gonubie."
"Die hele plek nogal vervalle. Besef dit was baie droog daar afgelope 2 jaar, dus het hulle nie beheer daaroor nie. Pad so vol slaggate omtrent onrybaar. Dit lyk of die munisipale dienste hulle in die steek gelaat het."
"Hogsback is really in the middle of nowhere and very high up in altitude. The main road in Hogsback is full of potholes. Having a 4X4 is recommended."
"Almal moet Hogsback at least 1 keer in hulle lewe besoek. Ek het my hart daar verloor. Dit is ongelooflike mooi plek."
"Die paaie het baie aandag nodig, slaggate oral, maar dit het die voordeel dat niemand kan jaag nie. Hoop van harte hulle kry binnekort reën in die toevoe damme, want water tans 'n groot probleem."
"Just concerned that the condition of the roads in and around the town will soon make it impossible for normal vehicles to access. A real gem otherwise. "
"Hogsback is presies wat ek verwag het, 'n rustige plek met baie goed om te doen in die natuur. Baie wandelroetes wat mens kan doen, so pak stapskoene in!"
"A lovely destination with some activities and wonderful beaches. Definitely a destination when you need to unwind and unplug from a busy routine."