Verified Reviews
Arniston
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Arniston
Rated 4.6 out of 5 based on 158 reviews.
"Sal graag eendag weer wil teruggaan om dit behoorlik te besigtig en tyd daar te spandeer. Die dorpie kan beslis as goeie toersimebestemming geadverteer word. Daar is so baie om ook rondom die dorpie te besigtig en te geniet."
"So mooi en lekker stil, jammer ons het nie deur die dag meer tyd gehad om rond te loop nie. "
"Die mooiste plek met sy pragtige blou strande. Sovêr as wat die oog kan sien en pragtige plantegroei."
"Baie mooi en lekker plek as jy van als wil wegkom. Ek het dit baie geniet. Selfs al gaan jy net vir visvang of vir afskakel is dit die plek."
"Arniston is such a calm town. I love the privacy this town has. I will definitely come back here again."
"Arniston is 'n baie mooi plek. Ideale vakansiebestemming met sy rustige atmosfeer, vriendelike mense en die mooiste natuurskoon."
"Ongelooflike pragtige natuurskoon. Lekker snorkelareas en veilige, skoon strande. Heerlik indien mooi weer, nie veel in area te doen wanneer koud en reënerig, so sorg dat jul by 'n goeie plek bespreek met mooi uitsig oor see."
"Dit was regtig baie lekker en daar is so baie om te doen as die weer saamspeel. Maar andersins het ek dit geniet om net my hart uit te rus."