Verified Reviews
Augrabies
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Augrabies
Rated 4.7 out of 5 based on 454 reviews.
"Ons het die valle met al sy geriewe, die nagrut in park, die ontsaglike vriendelike mense in die park vreeslik geniet. Die gemeenskap met winkels, kelders ens. was kosbaar. Groen Kalahari was 'n groot voorreg. "
"Die moeite werd om die omliggende dorpe en natuurlik die waterval te besoek. "
"Mooiste uitkykpunte! Die moeite werd om 'n dag uitstappie te maak van die wonderwerk in ons land!"
"Dit is 'n rustige klein dorpie wat 'n mens deel van die gemeenskap laat voel."
"Die omgewing is pragtig en 'n besoek aan die Augrabies Waterval is 'n belewenis!"
"Sou graag meer te doen wou hê in die omgewing en meer persone wat riverrafting aanbied. Dat daar nie enige plekke beskikbaar was vir die riverrafting ervaring nie was 'n groot teleurstelling."
"Ons het die ruheid van die terrein geniet. Die restaurant se koedoepastei was uit die boonste rakke, die springbok carpaccio ongelukkig nie."
"As jy wil visvang op die Oranjerivier of na die waterval wil gaan kyk is hierdie tops!"
"Augrabies is 'n moet sien-vakansiebestemming. Vir ons wat in daardie area grootgeword het is dit deel van ons bloed en dit kruip bitter vinnig onder jou vel. Pragtig."
"Was nie sleg nie, maar ons was so 2 weke na die groot water eers daar gewees. "
"Ons het eintlik net vir die watervalle gekom, maar sommer die pienk padstal ook ontdek, asook die kokerbome van nader leer ken. Augrabies se mense is vriendelik en behulpsaam."