Verified Reviews
Baviaanskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Baviaanskloof
Rated 4.2 out of 5 based on 116 reviews.
"Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever! "
"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Klein plaasdorpie. Ongerepte natuur. Pragtige plek vir die natuurliefhebbers. Sal net nie aanbeveel dat enige families na die restaurant The Belfry Kitchen toe gaan met klein kindertjies nie. Kinders is glad nie welkom daar nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam op die plaas. Die haaswinkeltjie verkoop heerlike beskuit en vyekonfyt."
"Kort dalk net meer aanwysings wat die kilometers na die opvolgende plekke wys en wat ook dan so op die kaart aangebring word om meer te bepaal waar jy is."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
"Ons was nou nie baie in die dorp self nie, maar dit is 'n pragtige plek."
"Los jou Sedan by die huis en gaan met 'n bakkie of 4x4! Hou jou hart vas vir die asemrowende tonele!"
"Wou gaan kyk hoe lyk dit daar maar om 500 km net daarvoor te ry? Die geskiedenis en kloof het wel fassinerende inligting en tonele."
"So in die natuur kan jy jouself gun en dan voel dit soos 5ster weelde in die ongekunstelde omgewing. Ek sal die pad verder nie aanbeveel nie. Tot by Baviaanskloof was dit goed maar die res van die pas was nie geskik vir 'n Tucson nie. Nee ek sou liewer nog 'n nag daar gebly het en die onbegaanbare pad in die pas uitgelaat het."
"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"
"Die Baviaanskloof self is 'n ervaring soos min en een van die "moet doen" dinge as jy lief is vir die agterpaaie. Ons het die roete met 'n "sagte" sportnutsvoertuig (met goeie grondvryhoogte) aangedurf na goeie reën - en steeds die roete maklik voltooi. Vriendelike mede-gebruikers het die tog verder aangenaam gemaak."
"Die natuur is 'n belewenis maar as jy deur die wildernisgebied wil ry het jy verseker ten minste 'n hoë voertuig met "diff lock" of 'n 4x4 nodig."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Baie mooi, bietjie uitputtend om die hele kloof in een dag deur te ry. "
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"