Verified Reviews
Bethlehem
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bethlehem
Rated 3.8 out of 5 based on 210 reviews.
"Bethlehem is 'n gemaklike basis waarvandaan die groter omgewing verken kan word na plekke soos Clarens en Fouriesburg. ens. "
"Het begrafnis gehad by Lavender Hills net buite Bethlehem. Baie mooi plek vir onthale, ens. Pragtige kerkie en tuine."
"Goedkoper om daar te bly asook makliker om plek te kry en naby Clarens, Fouriesburg ens. Baie besienswaardighede rondom. Baie sentraal."
"Bethlehem is baie sentraal vir verblyf om al die besienswaardighede in die omgewing te besoek. Al die geriewe is daar tot 'n lekker Mall vir shopping en uiteet."
"Ons was mal oor die plek, sal enige dag weer kom. Hopelik sal ons langer kan bly."
"Bethlehem is 'n goeie middelpunt waarvandaan verskeie besienswaardighede in die Oos-Vrystaat besoek kan word. "
"Bethlehem kan meer bemark word aangesien dit net 36km vanaf Clarens is, en dit baie meer bekostigbaar is as in Clarens. Dit het sy eie bekoring met 'n pragtige natuurskoon. "
"It was different from the typical holiday spots, we enjoyed Clarens and the drive around, not much to do though."
"Baie lekker dorp met klein dorp atmosfeer en vriendelikheid maar tog groot en modern genoeg om enigeen se smaak te bevredig."
"Bethlehem lê baie sentraal ten opsigte van die plekke waarheen mens wil gaan. Clarens is slegs 30km vanaf Bethlehem. Dit is baie ekonomieser om in Bethlehem te oornag en dan Clarens en Golden Gate toe te ry as om te probeer in Clarens akkomoddasie te kry. Bethlehem het baie goeie restaurante en eetplekke wat 7 dae per week oop is terwyl daar in Clarens op Sondae nie veel meer is om te kry na 1 uur nie. Bethlehem het oorgenoeg fasiliteite om alles te kry wat jy nodig het. Jammer, net geen fliek nie."
"Het net oornag daar en nie tyd gehad vir toeriste besoeke nie. Ken glad nie die dorp nie."