Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1512 reviews.
"Daar is baie te sien in Bloemfontein. Ons was na die waterfront, die botaniese tuine waar jy kan braai en na die Vrouemonument. 'n Besoek aan Bloemfontein is wonderlik en daar is soveel wat ons nog moet sien volgende keer."
"Sal nie vir vakansie gaan nie, maar lekker vir 'n pitstop tussen Kaap en JHB."
"Ons het vroeg-oggend deur die strate gery 06:00 en die stad was baie vuil. Staatsgeboue was verwaarloos met stukkende vensters en onkruit wat in geute op die dak groei. "
"Daar is soveel geskiedenis wat vir ons kinders baie kan beteken, soos bv. die Vrouemonument en museum."
"Geniet dit om daar inkopies te doen. Het nooit onveilig gevoel nie. "
"Baie oulike bestemming, baie van die plekke is toe die tyd van die jaar, bv. breweries, planetarium ens. wat onverwags is. Oliewenhuis Art Gallery was ons gunstelingplek om te besoek."
"Ek het my studies in Bloemfontein begin en voltooi. My eerste onderwyspos was in Bloemfontein. Ek sal altyd 'n sagte plekkie hê vir Bloemfontein."
"Nie meer so keurig en netjies soos 25 jaar gelede nie. Party plekke gehawend."
"Sal nie sommer Bloemfontein aanbeveel as 'n toeristebestemming nie. Is egter 'n gawe plek om te oornag op 'n lang reis."
"Bloem people are warm and am not saying this because I live here, it's because I interact with accomodation establishments from time to time and most of them are really warm people. And outing in Bloem is always a nice experience."
"Goeie oornagstad. A.g.v Covid was meeste toerisme aktiwiteite ongelukkig nie beskikbaar nie."
"Die restaurante maak net vroeg toe as jy op Saterdag arriveer. So mense moet vroeër daar kom as jy dit beter wil ervaar."
"Soos alle fasiliteite in Suid-Afrika is agteruitgang ongelukkig 'n realiteit. "