Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2513 resensies.
"Dis 'n pragtige dorpie. Daar is baie mooi geboue, paar lekker eetplekke, lekker hotel, die Apollo ens. Die museum is fantasties en 'n hoogtepunt! Ek dink net baie dinge in die dorp kan nog baie verbeter word - die verwaarloosde sypaadjies veral, dit laat die dorp moeg lyk. Raak ontslae van die bokke in die strate. Die arme historiese begrafplaas is 'n ramp - en so interessant, maar alles is omtrent vernietig, gebreek, omgegooi. Met die regte groep kan die dorp soveel meer bied (en mooi lyk)!"
"Die ouwêreldse sjarme van die dorp met sy vriendelike mense en unieke Karoonatuur, maak Victoria-Wes 'n besliste moet op jou toerprogram!"
"Dis maar 'n ou klein dorpie. Moeilik om te oordeel, aangesien ons net deurgery het."
"Het nie De Aar as toeristebestemming besoek nie. Soos ons gesien het, min plekke om te gaan uiteet."
"Was bietjie teleurgesteld, die Uilhuis het toegemaak een uur op 'n Dinsdag so ons kon dit nie sien nie."
"Mooi dorpie. Ek het nie tyd gehad om daar rond te loop nie."
"Uhh, o ja, daar is 'n baie lekker koffiewinkel (iets van 'n ou meule) en eetgoed (ete) as jy te lui is om op die gasteplaas te gaan braai - en gaan kyk na die kerk."
"Klein dorpie, sien of weet niks van wat toeriste daar sal lok nie. Miskien weet ek net nie van so iets in die dorp nie. Ook te veel bedelaars in die strate. Voel nie so veilig om daar te stop nie."
"'n Afgeleë dorpie wat meer toeriste behoort te besoek vir wat die natuur ( plantegroei) bied."
"Hopetown is a run-down town with some hidden gems that locals would have to point out. The state of the roads in town is bad - uneven, potholed roads and there are many dilapidated buildings, such as clubs, houses, a church. I cannot help but think that there is much-untapped potential here. But currently, a good guest house is valuable on one's way through."
"Stop gerus by The Old Mill Coffee Shop vir heerlike kos en verversings. Maak net seker jy doen dit voor 3pm, hulle sluit vroeg!"
"A fascinating, inspiring, interesting, multi faceted safe place to stay! Pear blossoms were spectacular in late September. Restaurants for all tastes with great food at very reasonable prices. Such friendly people."