Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2513 reviews.
"In my kinderdae baie daar gekom en was aangenaam verras met die vooruitgang. Wat 'n pragtige plek."
"Small town with limited attractions but great as a stopover on the road between Cape Town and the north."
"Pragtige dorp wat ongelukkig tekens van verval toon. Baie te doen met die feit dat daar nie 'n behoorlike ingang tot die dorp is nie."
"Tarred road closed. The old dirt road to be used. Google Maps does not know that it is closed. We arrived after dark. Difficult to get there after dark."
"Terwyl daar 'n groot tekort was aan oulike eet- of drinkplekkies in die dorp, is dit verstaanbaar as gevolg van die min voete. Die mense self was ongelooflik gesellig, met 'n baie oulike boekwinkeltjie en 'n antiekwinkeltjie wat skrik vir niks."
"Was 'n belewenis. Baie besienswaardighede. Loopafstand van alles. Lekker restaurante. Oom David se donkiekarrit is 'n moet. Hy is 'n dinamiese mens met baie kennis van die dorpie en sy inwoners. Vriendelike mense. Baie veilig. Daar kan mens nog laataand in die strate loop. Sal definitief weer besoek."
"Ons geniet dit om by die kleindorpies oor te bly wat vergete geraak het. Baie lekker biltong en lamtjops by die deli gekoop."
"Police should have more control at eateries on a Saturday afternoon and evening to do something about the street children."
"Die dorpie self is baie verarm, maar is stadig maar seker weer besig met 'n oplewing. Die Transkaroo Hotel bedien heerlike ontbyte aan wat ons verslind het en daar is allerhande tuisgemaakte snuisterye en handewerk wat die mense van die gemeensskap in die eetsaal verkoop. Stop gerus daar, daar is pragtige ou geboue, 'n fotograaf se droom, en hoe meer toeriste weer hierlangs ry, hoe vinniger kan die dorpie weer op sy voete kom. Ry die N12, dis regtig die moeite werd."
"Rustigheid is die wagwoord! Pragtige skoon Karoodorpie met vriendelike mense."