Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3555 reviews.
"Franschhoek is die skat van die Wes-Kaap, 'n mengelmoes van goeie dinge wat jou uitgerus laat voel na 'n besoek."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."
"Besoekers aan Tulbagh moet kennis dra daarvan dat goeie winkels op Tulbagh maar skraps is."
"Pragtige dorp met pragtige omliggende natuur en interessante eetplekkies en winkels."
"Enigste negatief is die elemente wat na donker in die area rondhang. Minder patrolering van Metro Police as in Bloubergstrand."
"My tyd in Die Boord was net te kort om alles te kon sien, maar ek sal dit aanbeveel aan ander."
"'n Mens dwaal vinnig deur die paar besienswaardighede van die sentrale deel van die dorp. 'n Mens moet dan uitwyk na die wynplase en 'n keuse maak waar om oor 'n middagete te kuier. Ons verkies 'n rustige atmosfeer, dus sal ons altyd lekker in Riebeek Kasteel kuier. Die rustigheid en vriendelike inwoners is 'n trekpleister. Ons gastehuis, Anna Katarina, was 'n uitstekende keuse. Daar is genoeg verblyf om van te kies asook baie restaurante. Die vallei is asemrowend mooi. Waar word 'n mens nog wakker gemaak deur die gekraai van 'n haan? Ons het dit baie geniet. Ek sal dit aanbeveel."
"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
"Ek was geskok om te sien dat daar amper geen kuierplek was, 2 pubs wat na middag oopmaak."