Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2639 reviews.
"Baie mooi. Ons was ongelukkig oor n naweek daar en min plekke was oop. Sou graag meer wou sien."
"Baie skoon dorp ten spyte van die volume mense wat daar deur reis. Welkome oase na die grougrys en beige van niks in die Karoo. Ons was net te moeg om te explore na die lang pad. En die Afrikaanse taal wat almal praat laat jou tuis en trots Afrikaans voel."
"Was veras oor hoe groot Beaufort-Wes eintlik is. Daar is groot winkels soos Checkers en jy kan alles kry wat jy benodig. "
"Pragtige dorpie, net jammer so baie plekke was nie oop tydens ons besoek nie, soos antikware winkels, olyfplaas ens."
"4-sheep restaurant uit die boonste rakke. Heerlike afval en bredie geëet. Dit is net buitensporig duur. "
"Jou hart gaan uit na die mense daar wat tans groot droogte ervaar. Die gemeenskap vat hande en werk saam om die dorp skoon en netjies te hou en besoekers welkom te laat voel."
"Was so lekker om rond te stap en veilig te voel en almal is so vriendelik!"
"As jy die dorp en sy mense wil leer ken, maak ‘n punt daarvan om Saterdagoggend, 7:00, die parkrun by die sportveld by te woon. Dis die moeite werd! Daar is ook geleentheid vir goedwilligheid."
"Ons familie het geskiedenis daar so dit het 'n dieper betekenis as vir die normale toeris. "
"Fantastiese dorp, geniet die rustigheid en die voorreg om tot laat aande in die strate te kan loop. "